duimnael|regs|300px|Astute-klas SSN profiel duimnael|regs|300px|HMS Ambush in 2012

Die Astute-klasduikboot is die nuutste kernaangedrewe klas duikbote van die Britse Vloot. Dié klas is ontwerp om die Swiftsure-klas te vervang. 'n Begroting van £6 miljoen is in 1991 goedgekeur en 'n tender is uitgereik vir die bou van drie duikbote. Na ses jaar is die kontrak aan GEC-Marconi (tans BAE Systems) toegeken as primêre kontrakteur vir drie duikbote met die opsie vir nog twee.

HMS Astute, die eerste boot, se kiel is in Januarie 2000 gelê, toevallig met die honderdste verjaarsdag van die Britse duikbootvloot. Die klas is ontwerp om 'n multirol te speel, wat strek vanaf tradisionele duikbootdiens tot ondersteuning tydens anti-terrorisme optredes.

Hierdie klas is die grootste van alle Britse duikbote, toegerus met ses torpedobuise en Tomahawk landaanvalsmissiele. HMS Astute is te water gelaat in 2007 en in diens gestel in 2010. Twee ander duikbote is ook afgelewer: HMS Ambush en HMS Artful. Die bestelling het gegroei tot sewe duikbote.

Programkoste + Nasionale ouditkantoor: Major Projects Report 2015 Verwagte koste tydens magtiging Huidige beraming ter voltooiing Verandering Bote 1–3 £2.233 miljard £3.536 miljard Boot 4 £1.279 miljard £1.492 miljard Boot 5 £1.464 miljard £1.420 miljard Boot 6 £1.579 miljard £1.533 miljard Boot 7 £1.642 miljard £1.640 miljard

Duikbote in die klas Al die bote hieronder is deur BAE Systems Maritime – Submarines, te Barrow-in-Furness, gebou. Naam Wimpelnommer Kiel gelê Te water gelaat In diens gestel Status HMS Astute S119 31 Januarie 2001 8 Junie 2007 27 Augustus 2010 In diens HMS Ambush S120 22 Oktober 2003 6 Januarie 2011 1 Maart 2013 In diens HMS Artful S121 11 Maart 2005 17 Mei 2014 18 Maart 2016 In diens HMS Audacious S122 24 Maart 2009 28 April 2017 3 April 2020 Seeproewe HMS Anson S123 13 Oktober 2011 20 April 2021 Beplan 2021 Toetsing en uitrusting HMS Agamemnon S124 18 Julie 2013 Beplan 2022 Onder konstruksie HMS Agincourt S125 Mei 2018 Beplan 2026 Onder konstruksie

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Astute-klas duikboot: Item Statistiek Verplasing (oppervlak) 6 200 metrieke ton Verplasing (onderwater) 6 692 metrieke ton Lengte 91,7 m Breedte 10,8 m Aandrywing Rolls-Royce PWR-2 reaktor Spoed (oppervlak) Onbekend Spoed (onderwater) 32 knope Bemanning 100 persone Bewapening 6 torpedobuise vir Spearfish-torpedos Sub-Harpoon anti-skeepsmissiele Tomahawk landaanvalsmissiele 38 wapens kan gedra word.

Bron The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015,

Verwysings

Kategorie:Duikbote