Pedro Sánchez Pérez-Castejón (Spaanse uitspraak: [ˈpeðɾo ˈsaɲʧeθ ˈpeɾeθ kasteˈxon], gebore 29 Februarie 1972 in Madrid) is 'n Spaanse politikus en die regeringspresident (eerste minister)Spanje is 'n koninkryk, maar die eerste minister word regeringspresident genoem. van Spanje sedert 1 Junie 2018. Biografie Sánchez is in 1972 in die Spaanse hoofstad van Madrid gebore. Sy vader was 'n staatsamptenaar voor dat hy 'n industriële verpakkingsmaatskappy begin het. Sy moeder was ook 'n regeringsamptenaar maar sy het later regte gaan studeer. Sánchez het in 1993 by die Spaanse Sosialistiese Arbeidersparty (PSOE) aangesluit. In 1995 het hy die Spaanse ekwivalent van 'n baccalaureus graad en 'n meestersgraad aan die Real Centro Universitario Escorial-Maria Christina verwerf. Nadat hy sy graad ontvang het, het hy na New York in die Verenigde State getrek waar hy vir 'n globale konsultasiefirma gewerk het.
In 1998 het Sánchez 'n graad in politiek en ekonomie van die Université libre de Bruxelles ontvang. Hy sou later 'n graad in besigheid leierskap aan die IESE Besigheidskool van die Universiteit van Navarra verwerf voordat hy in 2012 sy doktorsgraad in ekonomie van die Camilo José Cela Universiteit ontvang het. Politieke loopbaan Sánchez was 'n onsuksesvolle PSOE-kandidaat vir die Madrid-stadsraad in 2003. Hy het 'n jaar later 'n raadslid geword nadat twee PSOE-raadslede bedank het. Hy is later aan in 2009 as 'n lid van die Spaanse Kongres van Afgevaardigdes ingehuldig. In die 2011-verkiesing het Sánchez sy setel in die Kongres van Afgevaardigdes verloor, maar hy is weer in 2013 as 'n lid ingehuldig na Cristina Narbona se bedanking.
Op 13 Julie 2014 is Sánchez as sekretaris-generaal van die PSOE verkies. Hy is op 26 Julie as die PSOE sekretaris-generaal amptelik aangewys en het toe gevolglik leier van die opposisie geword.
In die nasleep van die 2016 Spaanse algemene verkiesing het Sánchez 'n partystem verloor en as sekretaris-generaal bedank. Hy is toe in die daaropvolgende leierskapverkiesing as sekretaris-generaal herverkies.
Op 1 Junie 2018 het 'n mosie van wantroue in eerste minister Mariano Rajoy se regering geslaag en Sánchez het hom toe as eerste minister opgevolg.
Na twee nasionale verkiesings in 2019 is hy as eerste minister op 7 Januarie 2020 herverkies.
Alhoewel sy party tweede in die 2023-verkiesing gekom het, is Sánchez op 16 November 2023 as eerste minister herverkies nadat hy 'n kontroversiële ooreenkoms met Katalaanse separatistiese partye aangegaan het.Socialist leader Pedro Sánchez wins new term as Spanish PM following election gamble – as it happened
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Spaanse politici Kategorie:Premiers Kategorie:Geboortes in 1972 Kategorie:Lewende mense