Windhoek • WindhukOtjomuise • ǀAi-ǁGams 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Streek Khomas Koördinate Stigting (Jonker Afrikaner) 1840 Herstig op (Curt von François) 18 Oktober 1890 Stadstatus 18 Oktober 1965 Oppervlakte: - Totaal 5 124,2043 km² Hoogte bo seevlak 1 655 m Bevolking: - Totaal (2023) 486 169 - Bevolkingsdigtheid 95/km² Tydsone SAST (UTC+2) Klimaat - Tipe Halfdroë klimaat - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 19,1 °C - Gem. temp. Januarie/Julie 23,3 / 13,1 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 367,4 mm Burgemeester Ndeshihafela Larandja (IPC) Amptelike webwerf Windhoek
Windhoek (Duits: Windhuk, ; Engels: Windhoek, [wɪndhʊk]; Herero: Otjomuise, letterlik: "plek van stoom"; Nama: ǀAi-ǁGams) is die sentraalgeleë hoofstad van Namibië en lê in die Khomasstreek. Die stad is ongeveer 1 655 m bo seespieël. Dit beslaan 'n oppervlakte van 5 124 km² en volgens die 2023-sensus het dit 'n bevolking van 486 169 gehad.
duimnael|links|Windhoek se stadsentrum met die Christuskerk gesien vanaf die Onafhanklikheidsgedenkmuseum Die stad het ontstaan by die plek van 'n permanente warmwaterbron wat bekend was aan die plaaslike herderstamme. Dit het spoedig ontwikkel nadat Jonker Afrikaner, kaptein van die Oorlam, hom daar gevestig en 'n steenkerk vir sy gemeenskap opgerig het. In die daaropvolgende dekades het talle oorloë en gewapende vyandelikhede gelei tot die verwaarlosing en vernietiging van die nuwe nedersetting. In 1890 is Windhoek herstig deur die Keiserlike Duitse leër-majoor Curt von François, toe die gebied deur die Duitse Keiserryk gekoloniseer is en dit die hoofstad van Duits-Suidwes-Afrika geword het. Tussen 1920 en 1990 was die stad die administratiewe sentrum van Suidwes-Afrika in die Unie van Suid-Afrika en is sedert die onafhanklikheidwording van Namibië op 21 Maart 1990 die hoofstad.
Die stad is geleë in die Windhoek-bekken, naby die land se geografiese middelpunt, omsluit deur die Erosberge in die noordooste, die Auasberge in die suide en die Khomashoogland in die weste. Met sowat 20% van die Namibiese totale bevolking is Windhoek verreweg die belangrikste ekonomiese sentrum van die land en ook die sentrale knooppunt in die Namibiese vervoerstelsel. Byna al die Namibiese of in Namibië aktiewe maatskappye het hul hoofkantoor in Windhoek, wat ook 'n voortgesette immigrasie uit ander dele van die land tot gevolg het en op sy beurt Windhoek se sentrale posisie verder onderstreep. Vandag is Windhoek 'n moderne stad wat Duitse en Afrika-invloede meng.
Etimologie Die Afrikaanse naam "Windhoek" is afgelei van winderige hoek; die Khoekhoegowab-naam ǀAe-ǁGams beteken "warmbron" en verwys na die voormalige warmwaterbronne in die streek. Die Otjiherero-naam van die stad Otjomuise beteken "plek van rook". Ander voormalige stadsname is Queen Adelaide’s Bath (deur James Edward Alexander), Barmen (deur Carl Hugo Hahn van die Rynse Sendinggenootskap), Concordiaville (volgens Joseph Tindall van Metodisme) en Wind Hoock (deur Jan Jonker Afrikaner). Volgens 'n teorie het kaptein Jonker Afrikaner Windhoek genoem na die Groot-Winterhoekberge by Tulbagh in Suid-Afrika, waar sy voorsate gebly het. Die eerste bekende verwysing na die naam Windhoek was in 'n brief deur Jonker Afrikaner aan Joseph Tindall wat dateer op 12 August 1844.
Aan die begin van die Duitse koloniale bewind is die skryfwyses Windhuk en Windhoek ewe gebruik. Deur Theodor Leutwein se regeringsbevel wat op 14 Mei 1903 in werking getree het, het Windhuk die enigste amptelike naam geword. Ná die Suid-Afrikaanse verowering is die amptelike naam in 1918 na Windhoek verander, terwyl Duits een van die ampstale gebly het. In die Duitse taalgebruik buite Namibië word steeds die skryfwyse Windhuk gebruik en ook amptelik deur die Duitse Buitelandse Kantoor gebruik.
Geskiedenis Vroeë nedersetting duimnael|Windhoek aan die einde van die 19de eeu duimnael|Windhoek tydens die Duitse koloniale tyd, voor 1908 duimnael|Seëls vir die Duits-Suidwes-Afrika geposmerk Windhuk duimnael|Die Christuskerk en Ruiterstandbeeld in Windhoek dateer uit die Duitse koloniale tydperk, maar die gedenkteken is einde 2013 verwyder Die gebied rondom Windhoek is reeds sedert etlike duisende jare deur die San bevolk. In 1840 het Jonker Afrikaner 'n Oorlam-nedersetting by Windhoek gestig. Sy en sy volgelinge het naby een van die hoofwarmwaterbronne gebly, geleë in die huidige voorstad Klein Windhoek. Hy het 'n steenkerk opgerig met plek vir sowat 500 mense; dit is ook as 'n skool gebruik. Twee Rynse sendelinge, Carl Hugo Hahn en Franz Heinrich Kleinschmidt, het laat in 1842 daar begin werk. Twee jaar later is hulle verdryf deur twee Metodiste, Richard Haddy en Joseph Tindall. Tuine is aangelê en Windhoek het vir 'n rukkie floreer. 'n Reeks oorloë tussen die Namas en Herero's het uiteindelik die nedersetting verwoes. Ná 'n lang afwesigheid het Hahn in 1873 Windhoek weer besoek en hy was ontsteld van die feit dat niks van die stad se voormalige welvaart oorgebly het nie. In Junie 1885 het 'n Switserse plantkundige slegs jakkalse en verhongerde tarentale tussen verwaarloosde vrugtebome gevind.
Koloniale tydperk
In 1878 het die Verenigde Koninkryk die langs die kus geleë Walvisbaai saam met die Pikkewyn-eilande geannekseer en hulle in 1884 by die Kaapkolonie ingelyf, maar nie belanggestel in die hinterland nie. 'n Versoek deur handelaars uit Lüderitzbaai het gelei tot die 1884-verklaring, waarin 'n Duitse protektoraat oor die latere Duits-Suidwes-Afrika (Deutsch-Südwestafrika) afgekondig is, die huidige Namibië. In 1890 is die Duitse kolonie se grense bepaal en die Duitse Keiserryk het 'n beskermkorps, die Schutztruppe onder majoor Curt von François, ontplooi om orde te handhaaf. Von François het sy garnisoen gestasioneer in Windhoek wat strategies geleë was in 'n buffer tussen die strydende Namas en Herero's. Die twaalf sterk fonteine het water voorsien vir die verbouing van produkte en graan.
Die koloniale Windhoek is gestig op 18 Oktober 1890, toe Von François die fondamentsteen aan die fort aangebring het, nou bekend as die Alte Feste (Ou Fort). Ná 1907 het die ontwikkeling versnel nadat inheemse mense van die platteland hulle in die groeiende stad gevestig het op soek na werk. Meer en meer Europese setlaars het uit Duitsland en Suid-Afrika aangekom. Besighede is opgerig langs die Kaiserstraße (nou die Onafhanklikheidslaan) en langs die dominante bergrug oor die stad. Teen hierdie tyd is ook Windhoek se drie kastele, Heinitzburg, Sanderburg en Schwerinsburg, deur Wilhelm Sander gebou. Die Duitse koloniale owerheid het baie geld aan die ontwikkeling van die stad bestee en vandag huisves dit steeds pragtige geboue uit die Duitse koloniale tydperk soos die Christuskerk en die Tintenpalast (letterlik "Inkpaleis"). Die Duitse atmosfeer, vermeng met talle ander kulturele elemente, leef tot vandag toe voort en dit is vandag die tuiste van die enigste Duitse dagblad in Afrika, die Allgemeine Zeitung en 'n groot Duitse privaatskool, die Deutsche Höhere Privatschule (DHPS).
Suid-Afrikaanse administrasie ná die Eerste Wêreldoorlog
Ná die Eerste Wêreldoorlog in 1918 het die Duitse koloniale bewind in Duits-Suidwes-Afrika tot 'n einde gekom, nadat dit saam met Windhoek tydens die Suidwes-Afrika-veldtog reeds in 1915 deur die Unie van Suid-Afrika verower is. Tot en met die einde van die oorlog is die stad geadministreer deur 'n Suid-Afrikaanse militêre regering, waarvolgens geen verdere ontwikkeling plaasgevind het nie. In 1920 is die gebied luidens die Verdrag van Versailles as 'n Volkebondmandaat onder Suid-Afrikaanse beheer geplaas.
Ná die Tweede Wêreldoorlog was meer kapital beskikbaar om die gebied se ekonomie te verbeter. Ná 1955 is groot openbare projekte aangepak soos die oprigting van nuwe skole en hospitale, die teer van die stad se paaie ('n projek wat in 1928 met die Kaiserstraße begin is) en die bou van damme en pyplyne om die watertoevoer te stabiliseer. In 1958 het die stad die wêreld se eerste drinkwaterbehandelingsaanleg in gebruik geneem, wat rioolwater herwin en dit direk in die stad se watervoorsiening gelei het. Op 1 Oktober 1966 het die destydse administrateur van Suidwes-Afrika aan Windhoek die gebruik van 'n wapen toegestaan, wat op 2 Oktober 1970 by die Buro vir Heraldiek geregistreer is. Oorspronklik was 'n gestileerde aalwyn die hoofembleem, maar dit is op 15 September 1972 in 'n natuurlike aalwyn verander (Mopanie-aalwyn). Dit word beskryf as "'n Windhoekse aalwyn met 'n tros van drie blomme op 'n eiland. Helmteken: 'n Muurkroon in heraldiese goud. Leuse: SUUM CUIQUE ("Ieder sy eie")".
Op 18 Oktober 1965, ter geleentheid van Windhoek se 75ste herstigtingsdag deur Von François, is amptelik stadstatus toegeken. Een jaar later het die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog tussen SWAPO en Suid-Afrika uitgebreek nadat die Verenigde Nasies die Suid-Afrikaanse regering van sy mandaat ontneem het. In 1971 het die Namibiese algemene kontrakwerkersstaking in Windhoek begin ten einde van die kontrakarbeidstelsel se beëindiging, apartheid teen te staan en Namibiese onafhanklikheid te eis.
Sedert Namibiese onafhanklikwording Met Namibiese onafhanklikwording in 1990 het Windhoek die hoofstad asook die provinsiale setel van die sentrale Khomasstreek geword. Sedert onafhanklikheid en die einde van oorlogvoering het die stad 'n spoedige groei en ontwikkeling ervaar. Vandag is Windhoek die opvoedkundige, administratiewe, handels-, nywerheids- en kommunikasiesentrum van die land. Die hoofstraat, Kaiserstraße, is na onafhanklikheid herdoop in Onafhanklikheidslaan, so ook talle ander strate na vryheidsvegters en Afrikaleiers. Die huidige geskatte bevolking beloop 316 000 (volgens World Gazetteer). In 1991 is die Verklaring van Windhoek opgestel wat pleit vir onafhanklike, pluralistiese media en persvryheid in Afrika.
Ekonomie en infrastruktuur duimnael|'n Lugfoto van Sentraal-Windhoek, die ekonomiese sentrum van Namibië duimnael|Straatmark vir toeriste in Namibië duimnael|'n Deel van Windhoek Die stad is die administratiewe, kommersiële en industriele sentrum van Namibië. Volgens 'n 1992/93-studie verskaf Windhoek meer as die helfte van die Namibiese nielandbou-werksgeleenthede, sy nasionale aandeel aan indiensneming in nutsdienste beloop 96%, in vervoer en kommunikasie 94%, finansies en besigheidsdienste 82%. Weens die stad se relatiewe grootteDie tweede grootste stad in Namibië, Walvisbaai, het 'n bevolking van 43 700: is Windhoek in alle opsigte die sosiale, ekonomiese en kulturele sentrum van die land. Feitlik elke nasionale onderneming se hoofkantoor, die Universiteit van Namibië, asook die land se enigste teater en al die groot media en finansiële liggame is hier gesetel. Die Stad Windhoek se begroting is naastenby gelyk aan al die ander Namibiese plaaslike owerhede saam. Ten spyte van hul baie klein aandeel aan die totale bevolking is baie maatskappye in besit van Duits-Namibiërs; dit weerspieël een van die wêreldwyd grootste ongelyke inkomsteverspreiding. Suid-Afrikaanse maatskappye, wat histories nou verbonde is aan die Namibiese ekonomie, speel ook 'n belangrike rol. Die hoofkantoor van Air Namibia is in die TransNamib-gebou in Windhoek geleë. Verskeie winkelsentrums is in die na-onafhanklikheidsera gebou, waaronder Maerua en Wernhillpark. Van die 3 300 VS$-miljoenêrs in Namibië bly 1 400 in Windhoek.
Die Windhoekse Korrektiewe fasiliteit is die grootste van Namibië se sewe groot gevangenisse.