duimnael|links|Longwood House, Sint Helena waar Napoleon aangehou is duimnael|links|Napoleon Bonaparte op Sint Helena Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha (Engels: Saint Helena, Ascension and Tristan da Cunha) is 'n oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk in die Suid-Atlantiese Oseaan. Dit bestaan uit die eiland Sint Helena, sowel as die afhanklikhede Ascensioneiland en Tristan da Cunha.
Sint Helena is beroemd as die plek van bannelingskap van Napoleon Bonaparte tussen 1815 en sy sterfte in 1821. Twee plekke waar Napoleon gewoon het en die vallei waar hy begrawe is, is Franse gebiede.
Die hoofstad van Sint Helena is Jamestown. Die gebied Sint Helena bestaan uit drie gelyke dele:
Eiland Oppervlakte(km²) BevolkingSensus 2008 Hoofstad Sint Helena 122 4 255 Jamestown Ascension 91 1 122 Georgetown Tristan da Cunha 207 284 Edinburgh of the Seven SeasTotaal 420 6 563 Jamestown
Verwysings
Eksterne skakels