Die ’NdrànghetaDie begin-n word nie uitgespreek in Kalabries nie, tensy dit direk deur ’n klinker voorafgegaan word. is ’n georganiseerdemisdaadgroep wat in Kalabrië, Italië, gesentreer is. Hoewel dit nie oorsee so bekend soos die Sisiliaanse Mafia is nie, het die ’Ndrangheta in die laat 1990's en vroeë 2000's die magtigste misdaadsindikaat in Italië geword.

Hoewel die ’Ndrangheta dikwels met die Mafia verbind word, is dit onafhanklik daarvan. Daar is egter samewerking tussen hulle vanweë hul geografiese nabyheid en die gedeelde kultuur en taal tussen Kalabrië en Sisilië. ’n Amerikaanse diplomaat het geraam die organisasie se dwelmsmokkelary, afpersing en geldwassery het in 2010 sowat 3% van Italië se BBP uitgemaak."US saw mafia-ridden Italian region as 'failed state,' according to WikiLeaks cable", The Canadian Press, 13 Januarie 2011.

Sedert die 1950's het die organisasie na Noord-Italië en die res van die wêreld uitgebrei. Volgens ’n Europese verslag in 2013 oor Italiaanse misdaad is die ’Ndrangheta onder die rykste en magtigste georganiseerdemisdaadgroepe op ’n globale skaal.Italian Organised Crime: Threat Assessment, Europol, Den Haag, Junie 2013

+ Bruto inkomste van die 'Ndrangheta in 2007 Onwettige aktiwiteit Inkomste Dwelmhandel  €   27,240 miljard Kommersiële ondernemings en openbare kontrakte    €   5,733 miljard Afpersing en rente  €   5,017 miljard Wapenhandel  €   2,938 miljard Prostitusie en mensehandel  €   2,867 miljard Totaal  € 43,795 miljard

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Italiaanse Mafia