Die Pietersfonteindam verskaf hoofsaaklik besproeiingswater aan plase in die Koo.

Ligging Die dam is in 1968 gebou in die Pietersfonteinrivier in die Langeberge by die koördinate 33° 39′ 58″ suid en 20° 00′ 49″ oos. Dit is noordoos van Robertson, noordwes van Montagu en noord van die Burgerspas op die R318-pad. Water van die Pietersfonteinrivier kom deur die Keisierivier via die Kogmanskloof in die Breederivier.

Afmetings Hierdie dam se maksimum volume is nou net onder die 2 miljoen m³. Dit het ‘n walhoogte van 18 m, ‘n wallengte van 162 m en ‘n opvanggebied van 115 km².

Let wel Hierdie dam moet nie verwar word met die effens meer suidoos geleë Poortjieskloofdam.

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap