duimnael|regs|180px|Ds. M.W. Retief, leraar van 1934 tot 1943. duimnael|regs|250px|Ds. en mev. D.J. Redelinghuys, pastoriepaar van 1944 tot 1948. duimnael|regs|180px|Ds. James Oglethorpe was leraar van Nkana van 1957 tot omstreeks 1962.
NG gemeente Nkana was die tweede gemeente van die NG Kerk in die destydse Noord-Rhodesië en is op 14 Oktober 1933 van die eerste NG gemeente in die protektoraat, NG gemeente Lusaka (16 Junie 1919), afgestig.
Ontstaan Dit was die eerste gemeente in die ryk Koperstreek op die oostelike grens van die destydse Belgiese Kongo. Die prospekteerder William Collier word algemeen beskou as die eerste Europeër wat koper in 1902 hier "ontdek" (hoewel argeologiese bewyse aandui inheemse stamme het dit selfs 900 jaar gelede ontgin, in armbande omskep en met hulle bure handel gedryf),Gray William, Globetrotter Travel Guide Zambia and Victoria Falls, New Holland Publishers (UK) Ltd, London, 2007 maar eers in 1925 open die eerste myn, waarna 'n stroom immigrante die jong land ingestroom het totdat die blanke bevolking voor die onafhanklikwording van Zambië op 24 Oktober 1964 sowat 80 000 getel het.
Mettertyd is Mufulira (1945), Luanshya (1949), waarvan die latere Ndola afgestig het, en Chingola afgestig. In Zambië was daar ook nog 'n gemeente Broken Hill wat in 1954 op die teenswoordige Kabwe gestig is, Livingstone (1946) op die gelyknamige dorp teen die grens met Zimbabwe, Fort Jameson, op die dorp wat ná onafhanklikwording Chipata geword het, en Mazabuku, aan die hoofpad tussen Lusaka en Livingstone.
Inlywing Na onafhanklikwording het die getal Afrikaners in Zambië en dus die NG lidmate drasties afgeneem. Teen 1973 was Mufulira, Luanshya, Chingola en Ndola almal by Nkana ingelyf, met Livingstone en Broken Hill herderloos. Lusaka was baie jare weer die enigste NG gemeente in die land en staan bekend as Dutch Reformed Church in Zambia.
Herstigting Weens die geleidelik toename van NG lidmate in die land die afgelope twee of wat dekades, verdeel die Dutch Reformed Church in Zambia in 1998 in twee met 'n suidelike gemeente in Lusaka en 'n noordelike op Kitwe. Die skeidslyn is die spoorwegdorp Kapiri Mposhi. Die twee gemeentes het in 2011 altesaam 378 belydende lidmate en 104 dooplidmate. Volgens 'n ooreenkoms tussen die NG Kerk en die Nederduitsch Hervormde Kerk bedien 'n NG predikant Lusaka en 'n Hervormde predikant Nkana.Dr. M.H. Heyns, afgetrede leraar van NG gemeente Pinelands, dien as pastorale hulp in Lusaka.
Enkele leraars Malcolm Wilhelm Retief, 1934–1943 Daniël Josias Redelinghuys, 1943–1948 Andreas Johannes Erasmus, 1949–1957 (bedank uit NG Kerk) James Oglethorpe, 1957 – (waarskynlik) 1962 Johannes Dewald van der Merwe, 1962–1964 Jacobus Hanekom, 1964–1966 Johannes Jacobus Shaw, 1966–1969
Sien ook NG Kerk in Zambië Sinode van Midde-Afrika
Verwysings
Bronne Olivier, ds. P.L., Ons gemeentelike feesalbum, N.G. Kerk-uitgewers, Kaapstad en Pretoria, 1952. Gaum, dr. Frits (red.), Jaarboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerke 1990, Pretoria: Tydskriftemaatskappy van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, 1989.
Eksterne skakels Die gemeente se webtuiste
Nkana