Milaan</span>Milano | Milán 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter|raam Land  Administratiewe gewes 20px Lombardye Provinsie Milaan (MI) Koördinate  Stigting (Romeinse verowering) 222 v.C. Oppervlakte:    - Totaal 181,76 vk km  Hoogte bo seevlak 120 m Bevolking:    - Totaal (28 Februarie 2020) 1 399 860  - Bevolkingsdigtheid 7 700/vk km Tydsone UTC +1 (MET)  - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat    - Tipe Subkontinentaal  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 13,1 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie 2,0 / 24,1 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 963 mm Burgemeester Giuseppe Sala (EV) Amptelike webwerf comune.milano.it

Milaan (Italiaans: Milano, [miˈlaːno], ; Lombardies: Milan, [miˈlãː], ) is met 'n bevolking van 1,37 miljoen die tweede grootste stad van Italië na Rome, geleë in die sentrale gedeelte van die Povlakte waar dit deur uitgestrekte voorstedelike sones omring word. Dit is die hoofstad van die provinsie of Metropolitane Stad Milaan en van die administratiewe gebied Lombardye, die ekonomies mees ontwikkelde en ook digbevolkste streek in Italië. DK Eyewitness Travel: Milan & the Lakes. London: Dorling Kindersley 2017, bl. 14 Die Metropolitane Stad Milaan het 'n bevolking van 4,5 miljoen, terwyl Grande Milano, die metropolitaanse gebied van Milaan, sewe miljoen inwoners het.

duimnael|links|CityLife MilanoZaha Hadid Architects, Londen duimnael|links|Wyle Britse argitek Zaha Hadid se CityLife-woonkompleks duimnael|links|Wêreldtentoonstelling Expo 2015 in Milaan: die Eerste Dame van die Verenigde State, Michelle Obama, en Agnese Landini, eggenote van die destydse Italiaanse premier Matteo Renzi, bewonder die Italiaanse pawiljoen se spieëlsaal In die antieke tydperk het Milaan, wat oorspronklik deur Keltiese setlaars gestig is, as Mediolanum bekendgestaan. Die stadsnaam is afgelei van die Keltiese Medelhan en beteken "in die middel van die plein". In die Romeinse Ryk het Mediolanum vinnig tot een van die belangrikste stedelike nedersettings gegroei. In sy latere geskiedenis het die stad onder die invloed van Duitse, Franse en Oostenrykse heersers gekom. Ná die vereniging van Italië in 'n monargiese eenheidstaat het Milaan vinnige industrialisering ervaar.

Milaan is sedert die laat 19de eeu die ekonomiese en finansiële spilpunt van Italië asook sy belangrikste stad vir die mode-, ontwerp-, kultuur- en mediabedryf, setel van 'n universiteit en die Italiaanse Effektebeurs. In die laat 20ste eeu het 'n grootskaalse kulturele herlewing begin waaruit nuwe musea, opspraakwekkende voorbeelde van volhoubare moderne argitektuur en 'n groot verskeidenheid kunsuitstallings voortgespruit het. Saam met Cortina d'Ampezzo het Milaan in Februarie 2026 as gasheerstad van die Olimpiese Winterspele 2026 opgetree.

Milaan en Lombardye word tans onder die welvarendste gebiede in die Europese Unie gereken. Die belangrikste besienswaardighede van Milaan is die gotiese katedraal, die operateater Scala en 'n groot aantal kunswerke wat in sy museums uitgestal word.

Geografie en klimaat Ligging duimnael|links|'n Nagaansig van die metropolitaanse gebied van Milaan, soos gesien vanuit die Internasionale Ruimtestasie ISS, wys die grootskaalse verstedelikingsproses waardeur Lombardye geraak is Milaan is in die middel van die Povlakte geleë, met die riviere Olona in die weste en Lambro in die ooste. Die stad word deur kanale, die sogenaamde navigli, met die mere van Noord-Italië en die Lombardiese riviere verbind. Saam met Turyn en Genua vorm Milaan die sogenaamde Nywerheidsdriehoek van Noord-Italië wat oorspronklik sterk op swaar nywerhede gesteun het en intussen deur 'n proses van tersiêrisasie geraak is waardeur die ekonomiese fokus na dienste verskuif het.

Hierdie proses het tussen die laat 1970's en vroeë 1990's gepaard gegaan met die vorming van gevorderde netwerke van klein en middelgroot ondernemings in die vervaardigingsbedryf – sowel in voorstedelike sakesones asook in die wyer omgewing. Hierdie transformasie het stedelike vestigingspatrone ingrypend verander. So het die bevolking van Milaan se stadsgebied in 1971 sy historiese maksimum met 1,7 miljoen bereik en daarna as gevolg van grootskaalse verhuising na nuwe voor- en satellietstede in die omgewing gedaal tot 1,2 miljoen in 2011. Sedertdien het dit weer begin groei.

Klimaat Milaan word in teenstelling met Sentraal- en Suid-Italië en die kusgebiede deur 'n klimaat met kontinentale trekke gekenmerk. Die winters is gewoonlik koel en vogtig, die somers baie warm en bedompig. Die gemiddelde temperature is -3 tot by +6 °C in die winter en 15 tot 28 °C in die somer.

Sneeuval kom in die koue wintermaande gereeld voor. Gedurende die kouer maande bly die Povlakte as gevolg van termiese inversies dikwels in digte mis gehul wat vanweë die lugbesoedeling vroeër gereeld tot rookmis ontwikkel het. Intussen het die verwydering van rysvelde, wat net suid van Milaan geleë was, en laer vlakke van lugbesoedeling die voorkoms van rookmis verminder.

Geskiedenis duimnael|Milaan: Via Dante en Castello Sforzesco duimnael|Galleria Vittorio Emanuele II duimnael|Die basiliek San Lorenzo in die winter Die omgewing van Milaan is in die voor-Romeinse tydperk deur Noord-Italiaanse Kelte (Galliers) bewoon. Die historiese voorloper-nedersetting van Milaan is omstreeks 600 v.C. deur Kelte ingeneem. Sy naam is afgelei van die Keltiese Mid-lan of Medelhan ("in die middel van die vlakte"). 222 v.C. verower Romeinse troepe die stad, wat in die Romeinse Ryk onder die naam Mediolanum bekend staan.

In 293 word Milaan die hoofstad van die Wes-Romeinse Ryk. Met sy sowat 300 000 inwoners is dit destyds die tweede grootste stad in Europa. Hier word in 311 die Edik van Toleransie uitgevaardig, waarvolgens keiser Konstantyn die geloofsvryheid van die Christene waarborg.

Die Wes-Gote beleër Milaan in 402, terwyl die Hunne vyftig jaar later daarin slaag om die stad in te neem. Tydens die Gotiese oorlog teen die Oos-Romeinse keiser Justiniaan verower en verwoes die Oos-Gote die stad in 539. Van die Romeinse geboue het feitlik niks oorgebly nie. In 774 word Milaan by die Frankiese Ryk ingelyf.

In die Karolingiese tydperk word die stad deur die biskoppe regeer, wat saam met die plaaslike bevolking ook daarin slaag om onafhanklik van die plattelandse adel en sy feodale stelsel te bly. Die Milaanse adel begin saam met die koopmans van die stad die maatskaplike bolaag vorm, wat die groei van die handel en die plaaslike ambagte bevorder. Die rykdom van die welgestelde burgers lei tot sosiale onluste, terwyl ook die Duitse keisers 'n aantal pogings onderneem om die stad te verower.

In 1162 word Milaan nog 'n keer verwoes, toe keiser Frederik I Barbarossa sy veroweringsveldtog teen die Lombardiese stede onderneem. Ná die stigting van die Verbond van Lombardiese Stede neem Milaan 'n leidende rol in die organisasie in. In die vredesluiting van Konstanz verwerf die stede hulle onafhanklikheid, en Milaan word 'n selfregerende hertogdom.

Onder die heerskappy van die dinastie Sforza, wat Milaan vanaf 1450 regeer, ontwikkel die stad tot een van die belangrikste sentrums van die Italiaanse renaissance.

In 1492 maak die Franse koning Lodewyk XII aanspraak op die hertogdom. Ná sy oorwinning oor die Switsers in 1515 kom Milaan onder die heerskappy van die Franse koning Frans I. Tien jaar later verslaan die troepe van die Oostenrykse Huis Habsburg die Franse; Noord-Italië word saam met Milaan 'n besitting van die Oostenrykse en later Spaanse Habsburgers.

Napoleon Bonaparte verower Lombardye in 1796 en verklaar Milaan tot hoofstad van die Cisalpynse Republiek, tog kom die gebied ná die Kongres van Wene in 1815 weer onder Oostenrykse heerskappy. Die inwoners van Milaan kom in 1848 in opstand teen die Oostenrykse heersers. Alhoewel die sogenaamde "Vyf-dae-opstand" misluk, word Oostenryk in die slag van Solferino deur die troepe van Sardinië-Piëmont en Frankryk verslaan. Die Lombardye word vervolgens deur die huis Sardinië-Piëmont onder koning Viktor Emmanuel II regeer.

Weens sy belangrike rol as nywerheidsentrum is Milaan tydens die Tweede Wêreldoorlog deur 'n reeks lugaanvalle verwoes. As deel van Benito Mussolini se "Italiaanse Sosiale Republiek" en kommandosentrum van die Duitse Weermag in Italië is Milaan ook ná die Italiaanse kapitulasie in 1943 gebombardeer. In Oktober 1944 het 200 kinders in die werkersbuurt Gorla gesterf nadat 'n bom hul skoolgebou getref het.

Teen die einde van die oorlog in Italië op 25 April 1945 lê groot dele van die stad in puin. Na sy heropbou het Milaan weer tot die finansiële en nywerheidsentrum van Italië ontwikkel.

Ekonomie duimnael|links|220px|Rasionalistiese residensiële argitektuur van die 1930's: Pietro Lingeri en Giuseppe Terragni se Casa Comolli-Rustici, voltooi in 1938 duimnael|Uitsig oor wolkekrabbers in die Porta Nuova-sakedistrik. Internasionale sterargitekte het bygedra tot Milaan se indrukwekkende nuwe stadshorison duimnael|The Cube by Electrolux – buitengewone uitsigte vanuit een van Milaan se mees ongewone restaurante bo-oor die Katedraalplein (Piazza del Duomo) Milaan is die finansiële en handelspilpunt van Italië en setel van die Italiaanse effektebeurs (la Borsa Valori). Die stad en sy omgewing behoort tot die belangrikste en produktiefste nywerheidsgebiede in Europa. Meer as die helfte van die tweehonderd grootste Italiaanse maatskappye het hulle hoofkwartiere in Milaan, waaronder ook die buiteband- en kabelvervaardiger Pirelli. Die stad huisves ook die hoofkwartiere van 'n betreklik groot persentasie van Italië se uitgewers, internetverskaffers, advertensie- en handelsmaatskappye in Italië asook die meeste van sy groot bankondernemings, net soos die hoofkantore van internasionale konsultantmaatskappye soos McKinsey, KPMG, Accenture en ander. Nuwe internetgebaseerde ondernemings trek voordeel uit Milaan se gevorderde optiese veselnetwerk.

Nywerhede het hulle, soos in ander groot metropole, grotendeels in periferiese voorstedelike sakesones hervestig, terwyl ekonomiese aktiwiteite in die kernstad toenemend deur ondernemings uit die tegnologie- en sakesektor oorheers word. Ten opsigte van mode en ontwerp het Milaan die tweede belangrikste internasionale sentrum na Parys geword. Fiera Milano, die skouterrein van Milaan, is die grootste ter wêreld. Die sportmotors van die plaaslike vervaardiger Alfa Romeo, wat in 1910 gestig is en nou deel uitmaak van FIAT, Milaanse sy en die beroemde Panettone-tert is die bekendste plaaslike produkte.

Die sukses van Milaan se industriële en dienstesektor berus, soos in ander streke van Noord-Italië, hoofsaaklik op die mededingendheid van klein en middelgroot ondernemings (KMO) wat hul ekonomiese aktiwiteite in 'n ingewikkelde netwerk organiseer wat hoofsaaklik op Noord-Italië, maar ook ander dele van die land en Suid-Europa gerig is. Hierdie netwerk word gekenmerk deur 'n besondere vorm van samewerking tussen eindvervaardigers, subkontrakteurs en hoogs geskoolde werkers.

Ondanks sterk mededinging op internasionale vlak – Europese stede soos Frankfurt, München, Stuttgart, Zürich, Madrid, Lyon, Barcelona, Wene/Bratislava en Boedapest met vergelykbare ekonomiese strukture – het ondernemings in die vroeë 21ste eeu soms geskroom om die hoë vlakke van kennis en opleiding deur noue samewerking met navorsings- en wetenskaplike instellings te hernieu en uit te brei en in plaas daarvan die voorkeur gegee aan korttermyn-oplossings soos regstreekse staatsubsidies en wetlike beskerming teen mededingers wat voordeel kan trek uit laer loonvlakke. OECD Territorial Reviews: Milan, Italy. Paris: OECD Publishing 2006, bl. 87-88 Moderne inligtings- en kommunikasietegnologie en globalisering is die grootste uitdagings vir plaaslike tegnologiese netwerke aangesien hulle die vloei van kennis oor 'n wêreldwye produksieketting moontlik maak.

Vervoer Spoorweë