Houston 280px Kaart Wapen 180px|center 75px|center Vlag 90px|center Land  Deelstaat 22px Texas Countys Fort BendHarrisMontgomery Koördinate  Stigting Augustus 1836 Geïnkorporeer op 5 Junie 1837 Oppervlakte:    - Totaal 1 625,2 vk km  Hoogte bo seevlak 13 m Bevolking:    - Totaal (2020) 2 304 580  - Bevolkingsdigtheid 1 505/vk km  - Metropolitaanse gebied 7 122 240 Tydsone CST / UTC-6  - Somertyd CDT / UTC-5 Klimaat    - Tipe Subtropies-vogtig Bernhard Mühr: Klimagramme - Houston  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 20 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie 10,2 / 28,1 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 1 170 mm Burgemeester Sylvester Turner Amptelike Webwerf houstontx.gov

Houston is 'n stad in die deelstaat Texas (Verenigde State). Dit is die vierde grootste stad van die VSA met 2,3 miljoen inwoners en naas Dallas-Fort Worth een van die twee groot ekonomiese sentrums van Texas. Die metropolitaanse gebied van Houston het 'n bevolking van meer as sewe miljoen.

duimnael|links|upright|Sam Houston Houston staan veral bekend vir sy petrochemiese en lug- en ruimtevaartnywerhede. NASA het sy belangrikste kontrolesentrum in die stad opgerig, sodat "Houston" ook die eerste woord geword het wat op die maan gepraat is. Die metropolitaanse gebied van Houston beskik oor die grootste konsentrasie van mediese navorsingsinstitute in die VSA soos byvoorbeeld die Texas Medical Center en een van die besigste Amerikaanse seehawens aan die Golf van Meksiko.

Met 'n bevolking, wat tussen 1900 en 2005 van 45 000 tot meer as 5,2 miljoen gegroei het, is die metropolitaanse gebied van Houston een van die snelgroeiendste van die VSA. Die agglomerasie strek nou oor tien counties en is die sewende grootste in die land.

Houston is in Augustus 1836 deur die broers Augustus Chapman Allen en John Kirby Allen gestig en is genoem na Sam Houston, die gewilde generaal van die Slag van San Jacinto tydens die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog, wie in September 1836 tot die president van die Republiek van Texas gekies is. Die stad is op 5 Junie 1837 geïnkorporeer en James S. Holman het die eerste burgemeester geword. In dieselfde jaar het Houston die hoofstad van die Republiek van Texas geword.

Houston was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Texas