Sango (Sängö, yângâ tî sängö, [jáŋɡá tí sāŋɡō]) is 'n Kreool- of Niger-Kongo-taal wat saam met Frans die amptelike tale van die Sentraal-Afrikaanse Republiek vorm. Daarmee is die Sentraal-Afrikaanse Republiek een van min Afrikalande waar 'n inheemse taal amptelike status geniet. Sango se taalkundige status is omstrede en dit word òf as 'n Niger-Kongo-taal nou verwant aan Ngbandi òf as 'n Kreooltaal ontwikkel uit Ngbandi beskou.

Sango het sowat 599 000 moedertaalsprekers, terwyl sowat 4,6 miljoen mense dit as 'n tweede taal praat. Sango is die mees verspreide taal van die Sentraal-Afrikaanse Republiek en dien as 'n lingua franca. Daarbenewens word Sango in die aangrensende lande Tsjad en Demokratiese Republiek van die Kongo gepraat.

Verwysings

Kategorie:Niger-Kongo-tale Kategorie:Pidgin- of kreooltaal Kategorie:Tale van die Sentraal-Afrikaanse Republiek