Die Huis van Nassau is 'n oorspronklik Duitse adellike familie wat wyd vertak het tot 'n dinastie van Europese formaat. Die oorspronge van die Huis van Nassau strek terug tot in die 11de eeu toe hulle hul verskyning gemaak het as grawe van Laurenburg aan die Lahn (tans in die Duitse deelstaat Rynland-Palts geleë). Uit hul geledere het die Romeins-Duitse koning Adolf van Nassau gekom.
duimnael|links|Die dinastie het sy naam ontleen aan die kasteel Nassau wat vanaf 1159 as sy setel gedien het Twee adellike huise, wat vandag in Europa regeer (die Nederlandse koningshuis en die groothertoglike huis van Luxemburg), het as vroulike hooflinies eweneens voortgespruit uit die Huis van Nassau, met Hendrik II, graaf van Nassau (omstreeks 1190 tot 1247/50) as gemeenskaplike stamvader.
Met Willem van Oranje het 'n agnaat van die Huis van Nassau tussen 1689 en 1702 as koning oor Engeland, Skotland en Ierland geregeer. Daarnaas het die hertoë van die Duitse Hertogdom Nassau tussen 1806 en 1866 uit hul geledere gekom.
Kategorie:Europese koningshuise Kategorie:Hesse