Die Pan-Afrika Kongres wat op 19, 20 en 21 Februarie 1919 in Parys gehou is, was die tweede geleentheid in die geskiedenis dat 'n deel van die swart wêreldbevolking hul verenig het, en hoewel gematigd, gepleit het vir meer selfbesking en selfbestuur. Die begrip panafrikanisme, wat vir die eerste keer op die Pan-Afrika Konferensie van 1900 in Londen gebruik is, het na die kongres in 1919 eers 'n gehoor verwerf. Die Amerikaanse intellektuele, professor en redakteur W.E.B. Du Bois (1868-1963) was verantwoordelik vir die organisasie en bly 'n onontbeerlike faktor vir die sukses van die kongres. Behalwe vir die oproep om meer regte verklaar die 57 afgevaardigdes dat daar ook internasionale wetgewing nodig was om die inheemser bevolking van Afrika te beskerm teen uitbuiting, lyfstraf en slawerny en hulle van goeie onderwys te voorsien. 'n Ander doel was om internasionale toesig te bewerkstellig vir die voormalige Duitse kolonies Tanzanië, Kameroen, Togo en Suidwes-Afrika wat dit na die Eerste Wêreldoorlog verloor is. Ondanks die feit dat 'n groot deel van Afrika nie op die kongres is verteenwoordig en die direkte gevolge van die kongres minimaal was, het dit 'n belangrike rol gespeel in die evolusie van die panafrikaanse stroming. Na die kongres in Parys is daar nog vier ander Pan-Afrikaanse kongresse in 1921, 1923, 1927 en 1945 gehou.
Agtergrond
Oorsprong duimnael|W.E.B. Du Bois Die Pan-Afrikaanse Kongres van 1919 in Parys word deur baie historici gesien as die eerste suksesvolle poging om pan-afrikanisme as 'n georganiseerde stroming op die kaart te plaas. Die Amerikaanse intellektuele, professor en redakteur W.E.B. Du Bois (1868-1963) was die belangrikste faktor by die reel van die kongres (en die vier kongresse wat hier op volg) en word as die vader van die pan-afrikanisme gesien. Die konsep vind egter sy oorsprong tydens die Pan-Afrikaanse Konferensie van 1900 in Londen, georganiseer deur 'n advokaat uit Trinidad, genaamd Henry Sylvester Williams (1869-1911).
Du Bois woon die konferensie in die Westminster Hall in 1900 by as 'n bestuurder en was verantwoordelik vir die opstel van die amptelike dokument Adress of the Nations of the World. Die dokument spel uit die universele stryd om politieke gelykheid, sosiale -, ekonomiese- en menseregte en sou na alle koloniale magte in die wêreld gestuur word. Al word die konferensie as 'n klein stap gesien en het dit nie tot direkte aksie gelei nie, was Du Bois daarvan oortuig dat dit die aandag getrek het en dat dit die regte manier was om die Afrika vraagstuk onder die aandag van die wêreld te bring. Gedurende die konferensie in Londen word die woord panafrikanisme vir die eerste keer gebruik. Ook het Du Bois tydens hierdie konferensie vasgestel dat "die probleem van die twintigste eeu, die probleem van die kleurlyn is". Nog belangriker was sy mededeling oor die noodsaaklikheid van 'n drastiese sosiale verandering en die beëindiging van die Europese uitbuiting in Afrika, aangesien dit sentraal sou kom by die begrip panafrikanisme:
"Laat die nasies van die wêreld die integriteit en onafhanklikheid van die vrye Neger-state van Abessinië (Ethiopië), Liberië, Haiti en die res respekteer, en laat die inwoners van hierdie state, die onafhanklike stamme van Afrika, die Negers van die Wes-Indië en Amerika, en die swart onderdane van alle nasies moed skep, onophoudelik streef en dapper veg, sodat hulle vir die wêreld hul onbetwisbare reg kan bewys om onder die groot broederskap van die mensdom te tel. "
Motiewe Die motiewe van Du Bois om 'n tweede Pan-Afrikaanse kongres, hierdie keer in Parys in 1919 te organiseer, kan die oorsprong van die panafrikanisme help verklaar. Du Bois beskou Afrika as sy 'geboorteland' en het 'n romantiese en humanitêre betrokkenheid met die bevolking van hierdie kontinent. Daarbenewens het hy hoop gesien in die feit dat die imperialistiese Duitsland in die Eerste Wêreldoorlog verslaan is. Die konsep selfbeskikking en anti-imperialisme was aan die orde van die dag en was vir Du Bois ook die belangrikste redes om die kongres te organiseer. Du Bois stel dat: "laat daar op die donker vasteland 'n laaste groot kruistog vir die mensdom begin. Met Afrika verlos, sou Asië veilig wees en Europa inderdaad triomferend wees."
Du Bois het die maandelikse byeenkoms van die Amerikaanse interrasse protestgroep die National Association for the Advancement of Colored People (NAACP) in September 1918 gekies om sy idees vir die kongres voor te stel. Du Bois werk as redakteur vir die organisasie se tydskrif The Crisis en was ook lid van die bestuur van die NAACP. Dit bly onduidelik waarom hy regtig hierdie maand vir sy voorstel uitkies, maar die logiese antwoord blyk te wees dat dit toe reeds duidelik geword het dat die geallieerde sou wen, en het hy die noodsaaklik gesien vir die NAACP om direkte stappe te onderneem betreffende die toekoms van Afrika.
Memorandum oor die toekoms van Afrika President Woodrow Wilson tree op 4 Desember 1918 aan boord van die George Washington vir 'n vaart na die deur oorlog verwoeste Europa. Die doel van sy besoek aan Parys was die aanbied van sy veertien punte en die onderhandeling van die Verdrag van Versailles. In Oktober is Du Bois se voorstel deur die NAACP bevestig en vertrek hy vier dae na Wilson, aan boord van die amptelike persboot Orizaba, in die rigting van Parys. Du Bois het sy plek op die Orizaba hoofsaaklik ten danke aan sy memorandum On the Future of Africa. Die memorandum was die produk van baie jare aan navorsing en belangstelling oor Afrika en in die verbeterings van die status van Afrikane in die Verenigde State. In die dokument dui Du Bois aan dat daar 'n sentrale Afrika staat geskep moes word, bestaande uit die voormalige Duitse kolonies en Belgiese-Kongo. Hierdie staat staan in die belang van die hele Afrika bevolking en van beskawing in die algemeen. Alhoewel Du Bois 'n einde wou maak aan die handel in en uitbuit van die Afrika bevolking, het die memorandum 'n gematigde toon en geen verwysings na stryd of die gebruik van geweld nie.
Die besluit van die NAACP om Du Bois na Parys te stuur kom egter nie voort uit die belangstelling in sy voorstel van 'n Pan-Afrikaanse Kongres nie. Die NAACP was eerder geïnteresseerd in swart verteenwoordiging by die vredesbesprekings in Versailles en in 'n omvangryke ondersoek na die behandeling van swart soldate tydens die Eerste Wêreldoorlog. Du Bois se memorandum lei tot 'n besluit om 25 Amerikaanse afgevaardigdes na Parys te stuur om met president Wilson die toekoms van Afrika te bespreek. Du Bois gebruik die ondersoek na Amerikaanse Afrikaanse soldate indirek om toestemming te kry vir die kongres. Die NAACP sou uiteindelik die hele kongres finansier.
Organisasie van die kongres
Steun van die Verenigde State bly ontwykend Die volgende stap vir Du Bois in die organisering van die Pan-Afrikaanse Kongres, was om te verseker dat die belangrikste lede van die Wilson administratie sy memorandum te lees kry. Ook hoop Du Bois dat hy gekies sou word as amptelike swart afgevaardigde by die vredesbesprekings in Versailles. Hy skryf aan Wilson 'n brief waarin hy benadruk dat hy die vakuum sou kan vul wat ontstaan het deur die besluit om geen afgevaardigde van die swart gemeenskap te hê nie: "dit sou 'n ramp wees vir die twee honderd miljoen swart mense om absoluut sonder stem te wees of verteenwoordiging by hierdie groot transformasie van die wêreld."
Onder die Amerikaanse afgevaardigdes vir die vredesbesprekings in Versailles was daar intussen die vrees dat die kongres sou gebruik word om die land in diskrediet te bring. Die Amerikaners was bang dat Du Bois die diskriminasie van swart Amerikaners in die Verenigde State sou bekend maak. Dit was veral bang om deur ander lande te gekonfronteer te word met gruwelikhede soos lynchs, wat destyds 'n realiteit in die Verenigde State was. Du Bois se pogings om president Wilson te oortuig van die feit dat die kongres nie oor Afro-Amerikaners sou gaan nie, het misluk omdat hy Wilson se hoofadviseur, kolonel Edward House, nie kon oortuig nie. Een gevolg hiervan was dat baie swart afgevaardigdes van die Verenigde State nie hul paspoorte gekry het nie en daarmee nie deel kon neem aan die kongres nie.
Rol van Blaise Diagne duimnael|Blaise Diagne in 1921 Die Amerikaanse geheime diens was oortuig daarvan dat Du Bois se pogings om politici, joernaliste en akademici vir sy kongres te wen, tot niks sou lei nie. Hierdie oortuiging blyk nie ver van die werklikheid af te wees nie en dit geluk Du Bois ook nie om toestemming van die Amerikaanse Kongres te kry nie. Ook die minister-president van Groot-Brittanje, David Lloyd George, was ontoeganklik. Die Franse regering, oortuig van die feit dat die kongres oor Afrika selfbeskiking sou gaan, het ook besluit op 'n verbod. Die ommekeer het gekom in die vorm van Blaise Diagne (1872-1934) van Senegal. Diagne was die eerste Afrikaan wat lid was van die Franse Kamer van Afgevaardigdes en die hoogste kommissaris met spesiale gesag in die Franse gedeelte van Wes-Afrika.
Diagne het goeie bande met die Franse minister-president Georges Clemenceau gehad, hoofsaaklik as gevolg van sy suksesvolle pogings om in die Eerste Wêreldoorlog duisende Afrika troepe vir die Franse leër te werf. Die Afrika soldate was vir 'n groot deel verantwoordelik vir die stuit van die Duitse offensief by die Slag by die Marne in 1918. Diagne het Clemenceau se toestemming vir die Kongres bekom, al benadruk die Franse minister-president dat die kongres nie aangekondig moet word nie, wat die gevoeligheid oor die byeenkoms des te meer onderstreep. Diagne sou uiteindelik president word van die Pan-Afrikaanse Kongres, met Du Bois die sekretaris.
Steun vir die Kongres Du Bois het aan die begin van Januarie reeds 'n gedetailleerde organisasieplan en alle besprekingsonderwerpe gereed. Hy wou 'n komitee vorm wat verantwoordelik was vir die voorbereidings van die kongres en die stuur van uitnodigings. Ook hoop Du Bois dat die Pan-Afrikaanse Kongres van 1919 'n permanente organisasie sou word. Hy wou in Parys gehoor word en die kongres moes 'n gevolg kry. Hierdie hoop was ook teenwoordig by die eerste Pan-Afrikaanse Konferensie in 1900, maar blyk toe tevergeefs. As deel van sy plan soek hy samewerking met die gekleurde lede van die Franse parlement en verskeie blanke liberale organisasies soos die Aborigines Protection Society of England, the American Peace Society, the International Bureau for Protection of Aborigines, the International Geographical Institute of Belgium en the League for the Rights of Man. 'n Ander belangrike wins was die steun van Madame Calman-Levy, weduwee van 'n bekende Franse uitgewer, wat sorg dat die voorbereidings in een van die mees prominente salonne van Parys kon plaasvind. Du Bois bewerkstellig verder kontak met Afrikane wat al in Parys teenwoordig was, met die onafhanklike regerings van Liberië, Haïti en Ethiopië en met Amerikaanse organisasies soos die Amerikaanse leër, die YMCA en die YWC.
Die Kongres
Afgevaardigdes duimnael|Die Pan-Afrika Kongres wat op 19, 20 en 21 Februarie 1919 in Parys gehou is Die Pan-Afrikaanse Kongres was uiteindelik meer 'pan' as Afrika, aangesien slegs 'n handvol van die 57 afgevaardigdes daadwerklik afkomstig was van die Afrika vasteland. Soos die sekretaris van die kongres self, het Du Bois en sy kollegas uit die Verenigde State (16 afgevaardigdes) self nog nooit Afrika besoek nie. Sewe afgevaardigdes was afkomstig uit Haïti en dieselfde aantal het uit Frankryk. Algerië, Belgiese-Kongo, die Spaanse en Portugese kolonies, Ethiopië en Egipte het elk een afgevaardigde. Uitsonderlik genoeg was dit ook net een afgevaardigde wat die hele Britse Afrika moes verteenwoordig, naamlik die gekleurde voormalige burgemeester van die wyk Battersea in Londen. Lloyd George se regering het duidelik geen belangstelling gehad nie en die ander Britse belangstellendes moes rekening hou met die verbod op hul paspoorte.