10 November is die 314de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (315de in skrikkeljare). Daar volg nog 51 dae in die res van die jaar.
Gebeure
duimnael|links|100px|Henry Morton Stanley
duimnael|regs|125px|Keiser Hirohito 1687 – Pietro Vito Ottoboni (later Pous Alexander VIII) word kardinaal-biskop van Porto en Santa Rufina en ook vise-dekaan van die Kollege van Kardinale. 1798 – Pous Pius VI publiseer "Constantiam vestram" oor kerkeenheid. 1871 – Henry Morton Stanley groet die vermiste sendeling en ontdekkingsreisiger, David Livingstone in Ujiji, naby Tanganjika-meer in die hedendaagse Tanzanië met die beroemde woorde: "Dr. Livingstone, I presume?". 1884 – Giuseppe Sarto (later Pous Pius X) word biskop van Mantua. 1919 – Die Kaapse Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk aanvaar 'n voorstel vir die vertaling van die Bybel in Afrikaans. 1928 – Hirohito word gekroon as 124ste keiser van Japan. 1995 – Toneelskrywer en omgewingsaktivis Ken Saro-Wiwa, en agt ander van die Beweging vir die Oorlewing van die Ogoni Mense, word in Nigerië tereggestel. 2018 – Die Maputo-Katembe-brug, die langste hangbrug in Afrika, word geopen.
Geboortes 745 – Musa al-Kazin, Shia Imam († 799). 1433 – Karel die Stoute, die hertog van Boergondië, Brabant, Limburg en Luxemburg, en die graaf van Vlaandere, Artesië, Henegouwen, Holland, Zeeland en Namen († 1477). 1483 – Martin Luther, teologiese grondlegger en leraar van die Reformasie († 1546). 1577 – Jacob Cats, Nederlandse digter, juris en politikus († 1660). 1683 – George II, koning van Groot-Brittanje († 1760). 1728 – Oliver Goldsmith, Ierse skrywer en dokter († 1774). 1759 – Friedrich Schiller, Duitse digter en historikus († 1805). 1818 – Peter Frans van Kerckhoven, Vlaamse skrywer en een van die leiers van die vroeë Vlaamse Beweging († 1857). 1836 – Julius Vuylsteke, Vlaamse politikus en skrywer († 1903). 1884 – Jan van Nijlen, Vlaamse digter en essayis († 1965). 1887 – Samuel Henri Pellissier, vader van die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging († 1978) 1889 – Claude Rains, Amerikaanse akteur († 1967). 1918 – Ernst Otto Fischer, Duitse chemikus en Nobelprys wenner († 2007). 1919 – Michail Kalasjnikof, Russiese ontwerper van die AK-47 († 2013). 1925 – Richard Burton, Britse akteur († 1984). 1928 – Ennio Morricone, Italiaanse komponis, orkestrator, orkesdirigent en trompetspeler († 2020). 1928 – Norma Crane, Amerikaanse aktrise († 1973). 1934 – Pippa Scott, Amerikaanse aktrise, vervaardiger en regisseuse († 2025). 1959 – Marthinus van Schalkwyk, Suid-Afrikaanse politikus. 1965 – Eddie Irvine, Ierse Formule Eenrenjaer. 1972 – Trevor Devall, Kanadese akteur en skrywer. 1977 – Brittany Murphy, Amerikaanse aktrise († 2009). 1982 – Henri Bontenbal, Nederlandse politikus. 1999 – Kiernan Shipka, Amerikaanse aktrise.
Sterftes 461 – Pous Leo I, 45ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±400). 1241 – Pous Celestinus IV, 179ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir sewentien dae in 1241 (* onbekend). 1549 – Pous Paulus III, 220ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1534 tot 1549 (* 1468). 1871 – Dick King, Britse setlaar, bekend vir sy tog van 960 km te perd om die Britse soldate teen die Voortrekkers te help (* 1811). 1927 – Cornelis van Boeschoten, Nederlands-Transvaalse onderwyser en staatsman (* 1845). 1971 – Martiens Bekker, Springbokrugbyspeler (* 1930). 1986 – Leona Woods, Amerikaanse fisikus wat gehelp het met die bou van die eerste kernreaktor en die eerste kernwapen (* 1919). 1992 – Chuck Connors, Amerikaanse akteur (* 1921). 2008 – Miriam Makeba, Suid-Afrikaanse musieklegende sterf aan 'n hartaanval, kort na 'n optrede in Italië (* 1932). 2015 – Helmut Schmidt, Duitse politikus en vyfde kanselier van die Federale Republiek van Duitsland (* 1918). 2019 – Allan Gray, Suid-Afrikaanse filantroop en sakeman (* 1938). 2020 – Amadou Toumani Touré, Maliese politikus en president (* 1948).
Vakansies, vierings- en waarnemingsdae Feesdag van Pous Leo I in die Rooms-Katolieke Kerk, die Evangeliese Kerk en die Anglikaanse Kerk.
Kategorie:November