Die Paleoproterosoïkum of Paleoproterosoïese Era is die eerste era van die Proterosoïese Eon en het geduur van 2,5-1,6 miljard jaar gelede. Dit was gedurende dié tydperk dat die kontinente die eerste keer gestabiliseer het.
Paleontologiese getuienis dui daarop dat die aarde se rotasiespoed in dié era ’n dag van 20 uur tot gevolg gehad het; daar was dus sowat 450 dae in ’n jaar.
Atmosfeer Voor die Groot Suurstofkatastrofe, wat veroorsaak is deur ’n enorme toename in suurstof in die atmosfeer, was feitlik alle lewensvorme anaërobies – hulle het dus nie suurstof nodig gehad nie. Groot hoeveelhede vrye suurstof is eintlik giftig vir sulke organismes en die meeste van hulle het uitgesterf toe die suurstofvlakke toeneem. Die Groot Suurstofkatastrofe word beskou as die eerste van die belangrikste uitwissingsvoorvalle in die aarde se geskiedenis.
Die katastrofe het ook die transformasie van eensellige organismes in die eerste eukariote tot gevolg gehad.
Verwysings
Eksterne skakels EssayWeb "Paleoproterozoic Era" 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Proterosoïkum