Die Duivenhoksdam verskaf hoofsaaklik besproeiingswater deur middel van ‘n stelsel van kanale aan plase in die Overberg.
Die dam lê in die Duivenhoksrivier in die Langeberge, noordoos van die dorp Heidelberg, Wes-Kaap, en by die koördinate 33° 59' 10,5" suid en 20° 57' 39,7" oos.
Dit is in 1963 voltooi, het ‘n bakmaat van nagenoeg 6 miljoen m³ en verseker so ‘n konstante watervoorsiening vir die Duivenhoksbesproeiingsraad. Die betonwal staan 33 m bo die rivierbedding en het ‘n oorloop van 146 m lank.
Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Bibliografie de Waal, Jan: The Duivenhoks River: an analysis of flood causation. Kaapstad: Universiteit van Kaapstad, 2010. (lib.riskreductionafrica.org) Wilson, J.E.: Overberg water – die geskiedenis van die Duivenhoks- en Rûensveld Landelike Watervoorsieningskemas. Caledon: Caledon Venster, 1999.
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap