duimnael|links|240px|Die oranje vere onder die vlerke kan tydens vlug gesien word.

Die kea (Nestor notabilis) is ’n groot spesie papegaaie in die familie Nestoridae wat in die woud- en Alpestreke van Nieu-Seeland se Suideiland voorkom. Dit is sowat 48 cm lank en hoofsaaklik olyfgroen met helderoranje onder sy vlerke. Dit het ’n groot, smal, geboë grysbruin bosnawel.

Die kea is die enigste Alpe-papagaai ter wêreld. Hul omnivore dieet sluit aas in, maar bestaan hoofsaaklik uit wortels, blare, bessies, nektar en insekte. Die voëls is vroeër doodgemaak weens kommer onder skaapboere dat hulle vee, veral skape, aanval.keaconservation.co.nz : Kea Conservation Status. Sedert 1986 word hulle beskerm onder die wet op natuurlewe.Lindsey, T., Morris, R. (2000) Field Guide To New Zealand Wildlife. Auckland: Harper Collins. ()

Die genus Nestor bevat vier spesies: die Nieu-Seelandse kaka (Nestor meridionalis), die kea (N. notabilis), die uitgestorwe Norfolk-kaka (N. productus) en die uitgestorwe Chatham-kaka (N. chathamensis). Almal stam vermoedelik af van ’n "proto-kaka" wat vyf miljoen jaar gelede in die woude van Nieu-Seeland voorgekom het. Hul naaste verwant is die kakapo (Strigops habroptilus), wat nie kan vlieg nie.Juniper, T., Parr, M. (1998) Parrots: A guide to parrots of the world. New Haven, CT: Yale University Press () Saam vorm hulle die superfamilie Strigopoidea van papegaaie, ’n antieke groep wat voor hul verspreding van alle ander Psittacidae afgeskei het.

Beskrywing duimnael|257px|Die kea se snawel.

Die kea is ’n groot papegaai wat sowat 48 cm lank is en tussen 800 g en 1 kg weeg.CRC Handbook of Avian Body Masses by John B. Dunning jr. (red.). CRC Press (1992), . Dit is hoofsaaklik olyfgroen met helderoranje onder sy vlerke. Die vere aan die kant van sy gesig is donkerolyfbruin, vere op sy rug en romp is oranjerooi en sommige van die buitenste vere is dofblou. Dit het ’n kort, blougroen stert met ’n swart punt. Die onderkant van die binneste stertvere het geeloranje dwarsstrepe. Dit het ’n groot, smal, geboë grysbruin bosnawel. Die mannetjies is sowat 5% langer as die wyfies en die bosnawel is langer.

Verspreiding en habitat Die kea is een van 10 inheemse papegaaispesies in Nieu-Seeland.

Hul habitat wissel van riviervalleie en kuswoude aan die Suideiland se weskus tot die woudstreke van Suideiland. Hulle word gewoonlik nie op Noordeiland aangetref nie, hoewel fossielrekords wys ’n bevolking het waarskynlik meer as 10 000 jaar gelede daar voorgekom.

In 1986 is die bevolking in een opname op tussen 1 000 en 5 000 geraam, terwyl ’n ander raming neerkom op 15 000 in 1992. Huidige ramings is tussen 3 000 en 7 000 voëls.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Papegaaie en parkiete