Skúvoy /ˈskʉuːwɪ/ of Skúgvoy /ˈskɪkvɪ/ (Deens: Skuø) is 'n eiland in die sentrale Faroëreilande, geleë na die suide van Sandoy.

Dit is vernoem na die groot aantal van skua ('n groep van seevoels) op die eiland (wat 'n gewoonte het om indringers aan te val). Daar is net een nedersetting op die eiland: Skúvoy op die ooskus. Daar is twee berge: Knúkur (392 m) en Heyggjurin Mikli (391 m).

Geskiedenis Die Swart Dood in die 14de eeu het al die inwoners behalwe een vrou; haar huisie kan nog gesien word. Skúvoy was ook die huis van Sigmundur Brestisson, die held van die Færeyinga saga (Saga van die Faroese).

Beelde

Eksterne skakels persoonlike webwerf met 9 lugfoto's van Skúvoy

Kategorie:Faroëreilande