Borðoy (Deens: Bordø) is 'n eiland in die noordooste van die Faroëreilande. Sy naam beteken "landpunt eiland".en.m.wiktionary.org Daar is agt nedersettings: Klaksvík (die tweede grootste dorp in die Faroëreilande), Norðoyri, Ánir, Árnafjørður, Strond, Norðtoftir, Depil en Norðdepil.
Geskiedenis links|duimnael|240x240px|Háfjall (647m, links) en Hálgafelli (503m, regs) op die eiland van Borđoy. Daar is ook drie verlate nedersettings: Skálatoftir, Múli en Fossá, al in die noorde. Múli was een van die mees afgeleë nedersettings in die Faroëreilande – tot 1989 was daar geen pad skakel nie, voor dit moes goedere in gebring word via helikopter of boot. Die laaste mense het die nedersetting in 1994 verlaat.
'n Klaksvík museum het die Fossá gebied in 1969 gekoop met die plan om dit om te skep in 'n tipiese Faroese Middeleeuse dorp, maar die plan het nooit tot stand gekom nie.
Belangrike Voël Gebied Die noordlike en suidoostelike landpunte van die eiland is geïdentifiseer as 'n Belangrike Voël Gebied deur BirdLife Internasional as gevolg van hul betekenis as 'n broeigrond vir seevoëls, veral die Europese stormswael (250 pare) en swartseekoet (200 pare).
Berge Die eiland het vyf berge: Lokki (755 m), Háfjall (647 m), Borðoyarnes (392 m), Depilsknúkur (680 m), en Hálgafelli (503 m).
Verwysings
Eksterne skakels
Persoonlike webwerf met 9 lugfoto's van Borðoy
Kategorie:Faroëreilande