Die Laingdam lê in die Buffelsrivier by Oos-Londen by die kruispunt 32° 57' suid en 27° 29½' oos en verskaf drink- en besproeiingswater.

Die damwal is 283 m lank en staan 45 m hoog bo die rivierbedding. Die dam het ‘n oppervlakte van 204 ha as dit vol is en het ‘n opvanggebied van 913 km². Sy aanvanklike kapasiteit was 20 miljoen m³. In 1938 is die dam gebou en in 1951 ingrypend opgeknap.

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Bibliografie du Plessis, Andries: Die Bewaring van ons Erfenis. Kaapstad: Human & Rousseau, 1974.

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap