Die Isla del Congreso (in Afrikaans: Kongreseiland) is 'n eiland geleë in die Chafarinas-eilande, 'n argipel geleë 4 kilometer van die noordkus van Afrika. Die eiland behoort aan Spanje, en het 'n oppervlakte van 0,256 km².
Geografie Die eiland is onbewoon. Dit het 'n paar konyne en 'n duifkolonie. Die weskus is baie ontoeganklik, met baie steil kranse, terwyl die ooskus meer toeganklik is. Die eiland is baie klipperig, met baie min gras of plante. Daar is een bevaarbare ondergrondse grot.
Verwysings