Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros) is ʼn Christelike private hoër onderwysinstelling wat onderwysers oplei in Afrikaans.https://aros.ac.za/ Besoek op 17 Junie 2025. Sedert 1 Junie 2023 is prof. Kobus Mentz die rektor van Aros.https://maroelamedia.co.za/leefstyl/ouerskap/nuwe-rektor-neem-leisels-oor-by-aros/ Besoek op 17 Junie 2025
Programme Aros bied ʼn verskeidenheid van programme aan, insluitend:https://aros.blob.core.windows.net/document/767510/Prospektus%202025%20vir%202026%20Nuut.pdf Besoek op 17 Junie 2025. Hoër Sertifikaat Onderwys Baccalaureus Educationis (B.Ed) in Grondslagfase B.Ed in Intermediêre Fase B.Ed in Senior Fase en Verdere Onderwys en Opleiding Nagraadse Onderwyssertifikaat Honneurs B.Ed in Leerondersteuning Honneurs B.Ed in Onderwysbestuur en -leierskap
Die meeste programme word aangebied deur middel van ʼn gekombineerde model van afstandsonderrig en kontaksessies, met ʼn fokus op Afrikaans as onderrigtaal. Ongeveer 43% van die studente is onderwysassistente wat werk terwyl hulle studeer.
Kampus Die hoofkampus van Aros is geleë in Besembiesieweg 1037, Montanapark, Pretoria.https://www.google.com/search?q=aros+adres&rlz=1C1CHBF_enZA1091ZA1091&oq=aros+adres&gs_lcrp=EgZjaHJvbWUqBggAEEUYOzIGCAAQRRg70gEIMTUwMWowajeoAgiwAgHxBY0FAFRRNwEw&sourceid=chrome&ie=UTF-8 Gesoek op 17 Junie 2025. In 2025 is ʼn tweede kantoor in George, Suid-Kaap, geopen.https://www.georgeherald.com/News/Article/Business/aros-open-streekkantoor-in-george-202503060935 Besoek op 17 Junie 2025
Filosofie en Missie Aros is ʼn private, Christelike hoëronderwysinstelling wat roepingsgedrewe studente oplei om die onderwysberoep met kundigheid en integriteit te betree. Die instelling is sterk gegrond in die reformatoriese tradisie, wat die vyf sola’s van die Reformasie – sola Scriptura, sola Gratia, sola Fide, sola Christus, en soli Deo Gloria – beklemtoon.https://aros.ac.za/WebItem/Detail/314 Besoek op 17 Junie 2025.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Akademie Kategorie:Suid-Afrikaanse universiteite Kategorie:Afrikaans