duimnael|262px|’n Foto van die Melkweg se galaktiese middelpunt aan die naghemel bo die Paranal-sterrewag in Chili. Die Melkweg is die sterrestelsel wat ons sonnestelsel bevat. Die naam verwys na sy voorkoms as ’n dowwe, gloeiende strook teen die uitspansel waarin die menslike oog nie individuele sterre kan onderskei nie. Dit is ’n vertaling van die Latynse Via Lactea, wat afgelei is van die Griekse woord γαλαξίας, galaxías.

Van die aarde af gesien, lyk die Melkweg langwerpig omdat ons sy skyfvorm van binne die sterrestelsel sien. Galileo Galilei het in 1610 met sy teleskoop die strook lig die eerste keer onderskei as individuele sterre. Tot in die vroeë 1920's het die meeste sterrekundiges geglo alle sterre in die heelal kom in die Melkweg voor. Ná die Groot Debat in 1920 tussen die sterrekundiges Harlow Shapley en Heber Curtis, het waarnemings deur Edwin Hubble gewys die Melkweg is beslis net een van baie miljarde sterrestelsels.

Die Melkweg is ’n staafspiraalstelsel met tussen 200 miljard en 400 miljard sterre. Dit kan ook minstens net soveel planete hê.Cassan, A. et al. (11 Januarie 2012). "One or more bound planets per Milky Way star from microlensing observations". Nature 481 (7380): 167–169.arXiv:1202.0903. Bibcode:2012Natur.481..167C.doi:10.1038/nature10684. Sy absolute ligsterkte, wat nie regstreeks gemeet kan word nie, word geraam op sowat -20,5. Die helderste gedeelte van die sterrestelsel lê in die rigting van die sterrebeeld Boogskutter, waar die middelpunt van die Melkweg geleë is. Die oudste bekende ster in die sterrestelsel is minstens 13,6 miljard jaar oud en is dus gevorm kort ná die Groot Knal.

Die Sonnestelsel lê sowat 27 000 ligjare van die middelpunt van die Melkweg, aan die binnekant van een van die spiraalvormige konsentrasies van gas en stof wat die Orion-Cygnus-arm genoem word. Die sterre in die binneste sowat 10 000 ligjare van die Melkweg vorm ’n galaktiese uitbulting en een of meer stawe. Die middelpunt self bestaan uit ’n intense radiobron genaamd Sagittarius A*, wat waarskynlik ’n supermassiewe swartkolk is.

Die Melkweg word omring deur verskeie dwergsterrestelsels en is deel van die Plaaslike Groep sterrestelsels, wat weer deel vorm van die Virgo-superswerm.

Voorkoms Die term "Melkweg" is beperk tot die dowwe strook wit lig van sowat 30º breed wat oor die naghemel strek. Hoewel alle sterre wat met die blote oog van die aarde af gesien kan word, deel van die Melkweg-sterrestelsel is, kom die lig in hierdie strook van sterre en ander materiaal wat in die rigting van die galaktiese vlak lê. Donker dele in die strook word gevorm waar interstellêre stof verafgeleë sterre verberg.

Die Melkweg het ’n relatief dowwe oppervlakhelderheid. Sy sigbaarheid kan grootliks verminder word deur ligbesoedeling of die maan se lig. Dus is dit moeilik om die Melkweg in stedelike gebiede te sien, maar op die platteland is dit baie prominent wanneer die maan agter die horison is.

Die ligstrook van die galaktiese vlak beslaan ’n deel van die ruimte wat 30 sterrebeelde insluit. Die middelpunt van die Melkweg lê in die sterrebeeld Boogskutter; dit is waar die Melkweg op sy helderste is. Van die Boogskutter lyk dit of die ligstrook weswaarts strek na die galaktiese antisentrum in die Koetser. Van daar strek die strook verder weswaarts reg om die naghemel tot terug by die Boogskutter. Dit verdeel die naglug in twee rofweg ewe groot halfrondes. duimnael|senter|600px|’n Visooglens-mosaïek van die Melkweg wat oor die uitspansel strek. (Foto geneem in Chili.)

Grootte en massa links|duimnael|’n Skematiese voorstelling van die profiel van die Melkweg. Die sterreskyf van die Melkweg-sterrestelsel het ’n deursnee van sowat 100 000 ligjare (30 000 parsek) en is gemiddeld sowat 1 000 ligjare (300 parsek) dik. ’n Eenvoudige vergelyking verduidelik die skaal van die sterrestelsel: as sy deursnee verklein sou word tot 100 meter, sou ons sonnestelsel, insluitende die hipotetiese Oort-wolk, net 1 mm breed wees, omtrent so groot soos ’n sandkorrel. Die naaste ster, Proxima Centauri, sou 4,2 mm ver gewees het.

Ramings vir die massa van die Melkweg wissel, afhangend van die metode en data wat gebruik word. Die kleinste raming is 5,8 sonmassas (M☉), effens kleiner as die Andromeda-sterrestelsel. Volgens metings in 2009 is snelhede van tot 254 km/s gemeet vir sterre aan die buitekant van die Melkweg. Aangesien die wentelsnelheid afhang van die totale massa in die wentelradius, beteken dit die Melkweg het ’n groter massa, min of meer dieselfde as dié van Andromeda teen 7 M☉ binne 160 000 ligjare van sy sentrum af.

Die grootste deel van die sterrestelsel se massa is oënskynlik onbekende materie (bekend as donker materie) in wisselwerking met ander materie deur swaartekrag, maar nie elektromagnetiese kragte nie. ’n Galaktiese halo sprei taamlik eenvormig uit tot ’n afstand van sowat 300 ligjare van die sentrum af. Volgens wiskundige modelle van die Melkweg is die totale massa in die omgewing van 1–1,5 M☉. Meer onlangse studies toon ’n massa van tot 4,5 M☉ aan.

Sterre en planete duimnael|’n Foto van die sterrestelsel NGC 6744, wat volgens sterrekundiges baie soos die Melkweg lyk. Die Melkweg bevat minstens 100 miljard planete en tussen 200 miljard en 400 miljard sterre. Die presiese getal hang af van die hoeveelheid dwergsterre, wat moeilik is om waar te neem, veral op afstande van meer as 300 ligjare van die Son af. In vergelyking hiermee bevat die Andromeda-sterrestelsel sowat ’n biljoen (1012) sterre. Tussen die sterre is ’n skyf van gas en stof wat die interstellêre medium genoem word. Waarnemings dui daarop dat daar feitlik net soveel planete wat aan sterre gebonde is, as sterre in die Melkweg kan wees, terwyl daar meer losstaande planete (wat nie aan sterre gebonde is nie) as sterre kan wees. Volgens ’n studie van die Kepler-ruimteteleskoop in Januarie 2013 bevat die Melkweg minstens 1 planeet vir elke ster – dit beteken 200 miljard tot 400 miljard planete.

Volgens ’n ander studie van Kepler-data in Januarie 2013 is daar minstens 17 miljard aardgrootte eksoplanete in die sterrestelsel. Op 4 November 2013 het sterrekundiges aangekondig volgens Kepler-data kan daar tot 40 miljard aardgrootte-planete wees in die bewoonbare sones van sonagtige sterre en rooidwerge. Sowat 11 miljard van hierdie planete kan om sonagtige sterre wentel. Die naaste sodanige planeet kan 12 ligjare ver wees. Benewens eksoplanete kom ook eksokomete (komete buite die Sonnestelsel) voor en hulle kan algemeen in die Melkweg wees.

Die skyf sterre in die Melkweg het nie ’n duidelike rand waarbuite geen sterre voorkom nie. Die konsentrasie sterre neem geleidelik af van die middel van die sterrestelsel af. Vanaf 40 000 ligjare van die sentrum af neem die getal sterre per kubieke parsek baie vinniger af, om onbekende redes. Om die galaktiese skyf is ’n galaktiese halo van sterre en bolswerms. Die grootte daarvan word beperk deur twee satelliete van die Melkweg, die Groot en die Klein Magellaanse Wolk, waarvan die naaste afstand van die galaktiese sentrum sowat 180 000 ligjare is. Op hierdie afstand en verder sal enige voorwerpe in die halo se wentelbaan deur die Magellaanse Wolke ontwrig word, en dit sal waarskynlik uit die nabyheid van die Melkweg gewerp word. Die totale absolute magnitude van visuele lig van die Melkweg word op sowat −20,9 geraam.

Die struktuur van die Melkweg duimnael|250px|Hierdie infrarooi-opname van die satelliet COBE gee ’n indruk van die Melkweg se struktuur. Die Melkweg bestaan uit ’n staafstruktuur in die middel, omring deur ’n skyf van gas, stof en sterre wat gerangskik is in spirale (sien Spiraalarms hier onder). Die verspreiding van massa stem ooreen met ’n tipe SBc in die Hubble-klassifikasie; dit beteken die arms is relafief los. Sterrekundiges het in die 1990's vir die eerste keer begin vermoed dit is ’n staafspiraalstelsel en nie ’n gewone spiraalstelsel nie. Hul vermoedens is in 2005 deur die Spitzer-ruimteteleskoop bevestig. Dit het gewys die sterrestelsel se sentrale staaf is groter as wat voorheen vermoed is.

Galaktiese sentrum duimnael|’n Illustrasie van die twee reusagtige X-straal/gammastraal-borrels, met die Melkweg in die middel. Die Son is 26 000-28 000 ligjare van die galaktiese sentrum. In die binneste sowat 10 000 ligjare is ’n digte konsentrasie van meestal ou sterre in ’n rofweg sferoïdale vorm wat die galaktiese uitbulting genoem word.

Die galaktiese sentrum word gekenmerk deur ’n intense radiobron, Sagittarius A* (uitgespreek Sagittarius A-ster). Die beweging van materiaal om die sentrum dui daarop dat Sagittarius A* ’n massiewe, kompakte voorwerp huisves. Dit word die beste verduidelik aan die hand van ’n supermassiewe swartkolk met ’n geraamde massa van 4,1 miljoen tot 4,5 miljoen keer dié van die Son. Volgens waarnemings is daar supermassiewe swartkolke in die middel van die meeste normale sterrestelsels.

Daar word redelik bespiegel oor die aard van die Melkweg se staaf, en sommige sterrekundiges glo selfs dat daar twee stawe is, die een binne die ander. In 2010 is twee reusagtige sferiese borrels van hoë-energieuitstralings waargeneem noord en suid van die Melkweg se sentrum in data van die Fermi-ruimteteleskoop. Die deursnee van elk van die borrels is sowat 25 000 ligjare; hulle strek tot by die sterrebeelde Kraanvoël en Maagd. Waarnemings by radiofrekwensies met die Parkes-teleskoop dui daarop dat dit ’n magnetiese uitvloei kan wees wat aangedryf word deur stervorming in die sentrale 640 ligjare van die sterrestelsel.

Spiraalarms Buite die swaartekraginvloed van die galaktiese stawe verdeel die interstellêre medium en sterre in die skyf in vier spiraalarms. Spiraalarms bevat gewoonlik ’n groter konsentrasie van gas en stof as die res van die stelsel, asook ’n groter konsentrasie van stervorming in H II-gebiede en molekulêre wolke.

Sowat 150 jaar nadat die eerste keer voorgestel is dat die Melkweg ’n spiraalstelsel is, is daar steeds geen ooreenstemming oor hoe die spiraalarms lyk nie. Daar word geglo daar is vier spiraalarms, wat almal naby die galaktiese sentrum begin. Hulle word soos volg genoem (die posisies word in die diagram regs aangedui): duimnael|Die struktuur van die spiraalarms word aangedui met normale en spikkellyne. Die grys lyne wat van die Son se posisie (middel bo) na buite uitsprei, wys na die afkortings van die ooreenstemmende sterrebeelde se Latynse name. KleurArm(s)cyan3 kpk-arm en Perseus-armpersNorma-Cygnus-arm (saam met die uitbreiding wat in 2004 ontdek is)groenScutum-Centaurus-armpienkCarina-Sagittarius-armDaar is minstens twee kleiner arms, insluitende:oranjeOrion-Cygnus-arm (wat die Sonnestelsel bevat)

duimnael|250px|Die Melkweg, soos gesien in die rigting van die Carina-Sagittarius-arm, met die Eta Carinae-newel (NGC 3372), ’n H II-gebied, regs