Nord (Nederlands: Noorderdepartement; 59) is die noordelikste van die Franse départements, en sy naam is dan ook van sy geografiese ligging afgelei. Met 'n oppervlakte van 5 743 vierkante kilometer en 'n bevolking van 2 576 770 (2010) is Nord die digbevolkste département van Frankryk.

Die prefektuur (hoofstad) van Nord is Lille. Sowat 20 000 mense in die noordelike arrondissement Duinkerken praat 'n Wes-Vlaamse dialek as omgangstaal (sien Frans-Vlaandere).

Geskiedenis Nord bestaan hoofsaaklik uit die Franse gedeelte van die graafskap Vlaandere, behalwe vir die westelike gebiede wat in die jaar 1237 as die graafskap Artois afgesplits is en tans deel uitmaak van die départements Pas-de-Calais en Hainault. Hierdie gebied het oorspronklik tot die Spaanse Nederlande behoort, maar is volgens die ooreenkomste van 1659, 1668 en 1678 by Frankryk ingelyf.

Die département Nord is tydens die Franse Rewolusie volgens die wet van 22 Desember as een van die 83 départements op 4 Maart 1790 gestig.

Geografie Die département Nord grens aan die Noordsee, België en die Franse départements Pas-de-Calais, Aisne en Somme. Die belangrikste riviere is die Yser, die Lys, die Escaut, die Scarpe en die Sambre. Die Deûle-kanaal loop deur die prefektuur (hoofstad) Lille.

Administratiewe gebiede Arrondissement Bevolking(1999) Oppervlak(vk km) Bevolkingsdigtheid Kantons Munisipaliteite Avesnes-sur-Helpe 238.466 1408 169 12 151 Cambrai 158.845 902 176 7 116 Douai 246.987 477 518 7 64 Duinkerken 379.702 1443 263 16 115 Lille 1.182.026 879 1344 28 124 Valenciennes 348.994 635 550 9 82

Kategorie:Departemente in Hauts-de-France