Die Sopwith Salamander was 'n Britse enkelsitplek, dubbeldekker vegvliegtuig wat ontwerp is as 'n grondaanvalsvliegtuig. Dit is net te laat in diens gestel om deel te wees van die Eerste Wêreldoorlog. Die eerste prototipe het op 27 April 1918 sy nooiensvlug voltooi. Amptelik is die vliegtuig die Sopwith TF.2 Salamander genoem. Die ontwerp was gebaseer op die Sopwith 7f.1 Snipe. Dit het ook oor twee gesinchroniseerde 0.303 Vickersmajiengewere beskik wat 1000 rondtes elk kon vuur. Die Constantinesco-rat is gebruik vir sinchronisasie. Daar was beskerming om die kajuit en brandstoftenks geplaas vir beskeming teen vuur vanaf landmagte. Dit kon ook vier 25-pond bomme onder die romp dra.

Grondaanvalsvliegtuie het 'n belangrike rol gespeel in die laaste jaar van die oorlog en daar was beplan om die Salamander op groot skaal te gebruik. Gevolglik is daar 'n bestelling vir 500 geplaas by Sopwith en 600 by vyf ander vervaardigers. Na die vredessluiting is alle kontrakte gekanselleer en slegs 102 vliegtuie is voltooi. Net 37 was in diens van die Koninklike Lugmag op 31 Oktober 1918 waarvan slegs twee in Frankryk was. Die vliegtuig is nog in 1919 vervaardig, waarvan een na die VSA geneem is vir studies.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Sopwith Salamander: Item Statistiek Aantal motors1 Tipe motorSkroef VervaardigerBentley B.R.2 stermotor Kraglewering per motor230 perdekrag Vlerkspan9,18 m Lengte5,94 m Hoogte2,85 m Vlerkoppervlakte24,76 m2 Maksimum opstygmassa1 179 kg Maksimum snelheid201.1  km/h op 152 m bo seevlak Operasionele hoogte4 267 m Uithouvermoë1 uur 45 min Klimvermoë3 050 m in 17 minute 5 sekondesBewapeningTwee gesinchroniseerdeVickers 0,303 mm masjiengewere op neusplus vier 25 pond bomme onder die romp.

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Fighters 1914-1919: Attack and Training Aircraft, Kenneth Munson, 2004,

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Eerste Wêreldoorlog