Mary van Teck (Victoria Mary Augusta Louise Olga Pauline Claudine Agnes; 26 Mei 1867 – 24 Maart 1953) was die vrou van koning George V, koningin van die Verenigde Koninkryk en keiserin van Indië.

Biografie duimnael|links|160px|As baba saam met haar ouers.

Hoewel sy tegnies ’n prinses van Teck in Duitsland was, is sy in Engeland gebore en getoë. Haar ouers was Frans, Hertog van Teck, en prinses Mary Adelaide van Cambridge, ’n kleindogter van koning George III. Sy was informeel bekend as "May", na aanleiding van haar geboortemaand.

Op 24-jarige ouderdom het sy verloof geraak aan prins Albert Victor, die oudste seun van die Prins van Wallis, maar ses weke later is hy onverwags aan longontsteking dood. Sy het die volgende jaar aan sy jonger broer George verloof geraak wat later koning geword het.

Voor dit was sy agtereenvolgens die Hertogin van York, die Hertogin van Cornwall en die Prinses van Wallis.

Ná die dood van George in 1936 het sy die koninginmoeder geword toe haar oudste seun Edward VIII word. Nadat hy geabdikeer het om met die geskeide Amerikaner Wallis Simpson te trou, het sy haar tweede oudste seun, Albert, gesteun toe hy die troon bestyg as George VI.

Sy is ’n jaar ná hom dood, tydens die bewind van haar kleindogter, koningin Elizabeth II, wat toe nog nie gekroon was nie.

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Gades van Britse monarge Kategorie:Huis van Windsor