duimnael|240px|In Switserland in 2009 Sharon Laws (7 Julie 1974 – 16 Desember 2017) was 'n Britse professionele fietsryer en omgewingskonsultant.

Laws is gebore in Nairobi, Kenia en het grootgeword in Bourton-on-the-Water, Gloucestershire. Sy het onder andere in Uganda, Suid-Afrika, Zimbabwe en die Verenigde Koninkryk gewoon. Sy behaal 'n MSc-graad in bewaring en werk voor en tydens haar fietsryloopbaan as 'n omgewingskonsultant vir die Britse regering, die Verenigde State en die mynmaatskappy Rio Tinto in Australië.

Sy wen onder andere twee Cape Epic wedrenne en ook die Britse Nasionale padkampioenskap in 2012. Sy sterf aan servikale kanker op 16 Desember 2017.

Verwysings

Kategorie:Fietsryers Kategorie:Geboortes in 1974 Kategorie:Sterftes in 2017