duimnael|’n Slagoffer van die stormloop.

Die Chodinka-tragedie (Russies: Ходынская трагедия Chodinskaja tragedija) was ’n stormloop deur duisende mense op op die Chodinka-veld buite Moskou tydens die viering van die kroning van die laaste keiser van Rusland, Nikolaas II. Dit het gelei tot die dood van 1 389 mense.

Gebeure duimnael|Die feesviering by Chodinka. Nikolaas II en sy vrou, Aleksandra Fjodorowna, is op as keiser en keiserin van Rusland gekroon. Die volgende dag is ’n banket ter viering daarvan op die Chodinka-veld gehou. Kos, gratis drank en herdenkingsbekers sou uitgedeel word. Chodinka is gekies omdat dit die enigste plek naby Moskou was wat al die stad se inwoners kon huisves.Massie (1967) p. 1017 Dit is hoofsaaklik as militêre opleidingsterrein gebruik en was ongelyk en vol loopgrawe.

Teen omstreeks sesuur die oggend het sowat 500 000 menseLeyda, Kino: A History of the Russian and Soviet Film, (Londen: George Allen and unwin Ltd., 1960), 19.) reeds op die veld vergader. Voordat die kos en drank uitgedeel is, het gerugte ontstaan dat daar nie genoeg vir almal sou wees nie. As gevolg daarvan het die skare begin vorentoe beur om hul deel te kry. Mense het geval en is vertrap; sommige het in die veld se stof versmoor.Warth, pp. 26–27 Na raming het 1 389 gesterf en rofweg 1 300 is beseer.

Ondanks die tragedie het die feesprogram voortgegaan op die groot veld, terwyl baie mense onbewus was van wat gebeur het. Omstreeks 14:00 het die tsaar en tsarina op ’n paviljoen in die middel van die veld hul verskyning gemaak. Teen dié tyd is al die spore van die tragedie uitgewis.

Nadraai duimnael|links|’n Kerk is op Chodinka-veld gebou om die voorval te gedenk.

Die keiser en keiserin is oor die voorval ingelig, maar nie dadelik nie. Dié aand is die Franse ambassadeur se bal in die stad gehou. Nikolaas wou dit nie bywoon nie, maar eerder tuisbly om vir die mense te bid wat gesterf het. Sy ooms het egter steeds ’n groot invloed in die hof gehad en het gedink dit sal erger wees as hy nie die bal bywoon nie, omdat hy Frankryk in die gesig sou vat. Nikolaas het dus wel die bal bygewoon. Hy en die keiserin het die volgende dag beseerdes in die hospitaal besoek.

Die Chodinka-tragedie is beskou as ’n slegte voorteken en dit was dus vir Nikolaas van die begin van sy bewind af moeilik om die vertroue van die volk te wen. Sy oom groothertog Sergei, toe goewerneur-generaal van Moskou, het bekend geword as "die Prins van Chodinka" en die tsaar het die naam "Bloedige Nikolaas" gekry.

Verwysings

Ander bronne

Eksterne skakels Herinnering van Aleksei Wolkof oor die Chodinka-tragedie 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Nikolaas II van Rusland Kategorie:Geskiedenis van Rusland