Bushmills is 'n nedersetting aan die noordkus van die Noord-Ierse graafskap Antrim met 'n oorwegend Protestantse bevolking van 1 295 volgens die sensus van 2011. Dit is sowat 60 myl (97 km) van Belfast en 9 myl (14 km) van Coleraine af geleë. Die dorp het sy naam te danke aan die Bushrivier en 'n groot watermeul wat hier in die vroeë 17de eeu opgerig is.Placenames Database of Ireland: Muileann na Buaise / Bushmills. Besoek op 13 Desember 2017

Bushmills word veral verbind met die whiskey-distilleerdery Old Bushmills Distillery, een van die oudstes op die eiland Ierland, en die nabygeleë basaltrotsformasie Giant's Causeway wat deur Unesco as wêrelderfenisterrein gelys is.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Noord-Ierland