Erich Ernst Karl Mayer (1876-1960) was 'n Suid-Afrikaanse skilder.
Vroeë lewe Mayer (1876-1960) is in Karlsruhe, Duitsland gebore en in is Berlyn opgevoed. Hy kon nie bekostig om sy passie uit te leef en kuns formeel te bestudeer nie. Hy het 'n beurs gekry om die argitektuur te bestudeer maar was ongelukkig geknel deur 'n siekte wat hom vir twee jaar byna buite aksie gestel het en hy moes sy studies staak in 1896.
In Suid-Afrika In 1898 kom hy na Suid-Afrika in 'n poging om in die beter klimaat aan te sterk. Hy kry werk op Vrede in die Oranje-Vrystaat as 'n landmetersassistent.
Hy skets tydens die Tweede Anglo-Boereoorlog gereeld boere waar hy deel van 'n boerekommando was. Hy word gevang en as krygsgevangene weggevoer.
In 1912 vestig hy hom in Pretoria. Hy het veral roem verwerf met sy noukeurige en simpatieke weergawe van die lewe van die boer in die binneland. Hy is in 1960 in Pretoria oorlede.
Sien ook Eunice Lenore Basson se proefskrif: “Die bydrae van Erich Mayer tot die vestiging van 'n estetiese bewussyn en die bevordering van 'n kunsidentiteit in Suid-Afrika tot aan die einde van die 1930’s” Oliver Tambo-huis Gordon Tomlinson
Bronnelys KENNIS, vol 14, 1980, bl. 2900-2904,
Eksterne skakels Erich Mayer, www.absolutart.co.za
Kategorie:Geboortes in 1876 Kategorie:Sterftes in 1960 Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Duitsland Kategorie:Suid-Afrikaanse militariste Kategorie:Suid-Afrikaanse skilders Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog