Westfield Corporation is 'n Australiese onderneming wat vanuit sy hoofkwartier in Sydney winkelsentrums in die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State bestuur. Dit is in 2014 gevorm toe die oorspronklike Westfield Group sy belange in Noord-Amerika en Wes-Europa van sy bedrywighede in Australië en Nieu-Seeland geskei en twee onafhanklike ondernemings vir respektiewelik die Noordelike en Suidelike Halfrond gevestig het. Winkelsentrums in die twee laasgenoemde lande word tans deur die eweneens nuutgestigte Scentre Group bestuur.

Op 12 Desember 2017 het Westfield Corporation 'n oorname-aanbod deur die Franse onderneming Unibail-Rodamco ter waarde van A$32,8 miljard aanvaartheguardian.com, 12 Desember 2017: Europe's biggest mall owner buys Westfield for $25bn. Besoek op 13 Desember 2017 - met uitsondering van Westfield Labs, die onderneming se tegnologie- en ontwerpafdeling wat sy setel in die Kaliforniese winkelsentrum Westfield San Francisco Centre het. Ontleders wys daarop dat die oorname met strategiese oorwegings te doen het nadat die Amerikaanse aanlynreus Amazon.com, Inc. laat in 2017 'n Australiese filiaal gevestig het.theguardian.com, 12 Desember 2017: Westfield sale looks like a kneejerk reaction to the Amazon age. Besoek op 12 Desember 2017

Verwysings

Kategorie:Australiese maatskappye