Emily "Emma" Jean Stone (gebore 6 November 1988 in Scottsdale, Arizona, Verenigde State) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy was in 2017 die hoogste betaalde aktrise in die wêreld.

Vroeë lewe Emily Jean Stone is op 6 November 1988 in Scottsdale, Arizona, gebore as die dogter van Krista Jean Stone (née Yeager), 'n huisvrou, en Jeffrey Charles Stone, die stigter en hoof- uitvoerende beampte van 'n algemene kontrakterende maatskappy.

Sy het 'n jonger broer, Spencer. Haar oupa aan vaderskant, Conrad Ostberg Sten, was van Sweedse herkoms en die familie het hul van na "Stone" verander toe hulle na Amerika geëmigreer het. Sy het ook Duitse, Engelse, Skotse en Ierse bloed in haar are.

Stone het in 2000 'n toneelstuk in 'n teaterproduksie gedoen. As 'n tiener het sy na Los Angeles verhuis met haar ma. Sy het in 2007 haar filmdebuut in n Superbad gemaak, en het positiewe media-aandag gekry vir haar rol in Zombieland (2009). Die 2010-komedie Easy A was Stone se eerste hoofrol, waarvoor sy met nominasies vir 'n BAFTA en 'n Golden Globe-toekenning as beste aktrise beloon is.

Loopbaan Volgens die webtuiste Rotten Tomatoes is Stone se mees krities bekroonde en kommersieel suksesvolle films Superbad (2007), Zombieland (2009), Easy A (2010), Crazy, Stupid, Love (2011), The Help (2011), The Amazing Spider-Man (2012), The Amazing Spider-Man 2 (2014), Birdman (2014), La La Land (2016), Battle of the Sexes (2017), en The Favourite (2018).

Filmografie Rolprente 2007: Superbad 2008: The Rocker 2008: The House Bunny 2009: Ghosts of Girlfriends Past 2009: Paper Man 2009: Zombieland 2010: Marmaduke 2010: Easy A 2011: Friends with Benefits 2011: Crazy, Stupid, Love 2011: The Help 2012: The Amazing Spider-Man 2013: Gangster Squad 2013: Movie 43 2013: The Croods 2014: The Amazing Spider-Man 2 2014: Magic in the Moonlight 2014: Birdman 2015: Aloha 2015: Irrational Man 2016: Popstar: Never Stop Never Stopping 2016: La La Land 2017: Battle of the Sexes 2018: The Favourite

Televisie 2004: The New Partridge Family 2005: Medium 2005: Malcolm in the Middle 2006: The Suite Life of Zack & Cody 2006: Lucky Louie 2007: Drive 2010, 2011, 2016: Saturday Night Live 2011: Robot Chicken 2012: 30 Rock 2012: iCarly 2014: Saturday Night Live 2016: Maya & Marty 2018: Maniac

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Geboortes in 1988 Kategorie:Lewende mense