qBittorrent is 'n kruisplatform-kliënt vir die BitTorrent-protokol wat vrygestel word onder die GNU GPL, weergawe 2. qBittorrent streef daarna om 'n vrye en oopbronalternatief vir gewilde kliënte soos µTorrent te wees.

qBittorrent is geskryf in C++. Dit maak gebruik van Boost, Qt toolkit, en die libtorrent-rasterbar-biblioteek (vir die torrent-agterkand). Sy opsionele soekfunksionaliteit is geskryf in Python. Dus word Python-ondersteuning op die stelsel vereis.

Geskiedenis qBittorrent is oorspronklik ontwikkel in Maart 2006 deur Christophe Dumez van die Université de technologie de Belfort-Montbéliard (Universiteit van Tegnologie van Belfort-Montbeliard) in Frankryk.

Dit word tans ontwikkel deur bydraers wêreldwyd en is befonds deur middel van skenkings. In Junie 2013 word sledgehammer_999 uit Griekeland die leier van die projek.

Funksies Sommige van die funksionaliteit van qBittorrent sluit in: Bandwydteskeduleerder Bind al die verkeer tot 'n spesifieke koppelvlak Beheer oor torrents, spoorsnyers en eweknieë (Torrent-toue en -prioritisering en Torrent-inhoudseleksie en prioritisering) Kruisplatform: Linux, Windows, Mac OS X, FreeBSD, OS/2 DHT, PeX, geënkripteerde verbindings, LSD, UPnP, NAT-PMP port forwarding ondersteuning, µTP, magneet skakels, private torrents IP-filter: lêer tipes eMule dat, of PeerGuardian Ondersteuning van IPv6, maar kan nie IPv4 en IPv6 op een slag gebruik nie Geïntegreerde RSS-voerleser (met gevorderde aflaai filters) en aflaaier Geïntegreerde torrent-soekenjin (Gelyktydige soek in baie Torrent-soekplekke en Kategorie-spesifieke soeknavrae (bv. Boeke, Musiek, Sagteware)) Afstandbeheer deur middel van 'n Veilige Web-Gebruiker Koppelvlak Opeenvolgende aflaai (aflaai in orde) Super-saai opsie Torrent skepping hulpmiddel Torrent toustaan, filter, en prioritisering Unicode-ondersteuning, beskikbaar in ~70 tale

Ontvangs 'n Hersiening deur MakeUseOf beskryf qBittorrent as "'n baie stabiele en elegante instrument" met 'n skoon en warboel-vry koppelvlak. Ghacks het qBittorrent voorgestel as 'n goeie alternatief vir µTorrent vir enige iemand afgesit deur onlangse veranderinge aan µTorrent.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf GitHub

Kategorie:Sagteware