Wanneer die winterkoue aanbreek bereik die aktiwiteite van bladwisselende plante ‘n laagtepunt. Eenjarige plante sterf af en oorleef die winter as sade. Baie meerjarige plante oorleef die kouer seisoen deurdat die knoppe wat hulle dra in die winter rus. In die lente groei die nuwe lote uit en word gou oortrek deur blare, blomme en vrugteknoppe. duimnael|'n Fenologiese studie by die Plant Gene Expression Center in Albany
Fenologie
Fenologie (Grieks: phainomai; om te verskyn) is die afdeling van plantkunde wat die sigbare veranderinge wat die plant gedurende sy lewe ondergaan, bestudeer. Die effek van weer en klimaat op die natuur word voortdurend ondersoek deur natuurliefhebbers reg oor die aardbol. Daar is talle webwerwe en Toepassingsagteware of Toeps vir hierdie doel beskikbaar.
Lente en somer Verskillende dele van die plant is baie aktief gedurende die lente en somer. Prosesse soos respirasie (asemhaling) en fotosintese is noodsaaklik vir groei en oorlewing.
Herfsveranderinge Talle lewensbelangrike prosesse begin reeds in die herfs stelselmatig afneem. Plante begin ook voedingstowwe opberg. Dit is stowwe soos suiker en stysel, asook minerale soute.
Winter Plante verloor meeste blare en vertoon dood en stokkerig tydens die vroeë winter, aangesien meeste prosesse afgeskaal of gestaak word. Dit het die kenmerkende "rustende winterlandskap" tot gevolg.
Fotosintese Een van die hoofprosesse wat tydens winter afneem, is fotosintese.
Fotosintese is 'n belangrike biochemiese proses waarmee plante die energie van sonlig benut om voedsel te vervaardig. Plante gebruik hoofsaaklik die pigment chlorofil ('n groen kleurstof in blare) om ligenergie vas te lê. Dit is die hoofrede waarom die meeste plante 'n groen kleur het.
Transpirasie
'n Ander proses wat byna tot stilstand kom, is transpirasie. Dit is die proses waardeur plante water verloor, omdat die water in die blare verdamp en deur klein porieë (huidmondjies of stoma; meervoud: stomata) ontsnap.
Wanneer die blare afval kom hierdie proses vanselfsprekend tot stilstand. Omdat die plant nou baie lae waterverlies het, is opname uit die grond aansienlik minder.
Seldeurlaatbaarheid van wortels neem af gedurende koue en die opname van minerale soute word dus beperk.
Sien ook Dorsiventrale blaar
Eksterne Skakels North American Bird Phenology Program Citizen science program to digitize bird phenology records Project Budburst Citizen Science for Plant Phenology in the USA USA National Phenology Network Citizen science and research network observations on phenology in the USA AMC's Mountain Watch Citizen science and phenology monitoring in the Appalachian mountains UK Nature's Calendar UK Phenology network. Nature's Calendar Ireland Spring Watch & Autumn Watch. Naturewatch: A Canadian Phenology project . Spring Alive Project Phenological survey on birds for children. Moj Popek Citizen Science for Plant Phenology in Slovenia. Observatoire des Saisons French Phenology network. Phenology Video produced by Wisconsin Public Television Austrian phenological network run by ZAMG the GrowApp Citizen science program that follows trees.
Bronnelys Kennis, vol 2, bl. 316-317,
Kategorie:Biochemie Kategorie:Ekologie Kategorie:Klimatologie