Die Rwenzoriberge (Engels: Rwenzori Mountains; Frans: Rwenzori; Swahili: Safu ya Ruwenzori), voorheen bekend as die Ruwenzorireeks (die spelling is in 1980 verander om aan te pas by die plaaslike naam Rwenjura), is 'n bergreeks in Oos-Afrika, feitlik op die ewenaar, op die grens tussen Uganda en die Demokratiese Republiek die Kongo. Daar kom gletsers op die berge voor; die water uit die gletsers is een van die Nylrivier se bronne. Die bergreeks se hoogste punt is 5 109 meter. Die hoogste pieke is permanent met sneeu bedek. Die Rwenzoriberg Nasionale Park en Virunga Nasionale Park is in die bergreeks geleë; eersgenoemde is in 1994 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys en laasgenoemde in 1979.
Die bergreeks is ongeveer 120 km lank en 65 km wyd. Dit bestaan uit ses bergpieke met diep ravyne tussen hulle: Berg Stanley (5 109 m), Berg Speke (4 890 m), Berg Baker (Uganda, 4 843 m), Berg Emin (4 798 m), Berg Gessi (4 715 m) en Berg Luigi di Savoia (4 627 m).
Net noord van die bergreeks is die Albertmeer, terwyl die Edwardmeer 20 km suid is.
Sien ook Lys van Wêrelderfenisgebiede
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Bergreekse in Afrika Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Afrika Kategorie:Landvorme van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Landvorme van Uganda