William Purdom (10 April 1880 - 7 November 1921) was 'n Britse plant-verkenner wat deur Veitch en die Arnold Arboretum van Harvard-universiteit in 1909 na die noordelike provinsies van China gestuur is. Hy het drie jaar lank (1909-1911) plante vir die Arboretum langs China se Geelrivier versamel en gefotografeer. Hy was aangestel as inspekteur van woude vir die Chinese regering. Rhododendron purdomii is na hom vernoem by die Arnold Arboretum. Hy en die Belgiese tuinboukundige J. Hers het beplan om Flora van China te wysig, maar die plan is gestaak deur die ontslag van die departement. Later het Hers Directory of Longhai Area Plants geskryf.
In 1914 het Purdom en 'n metgesel Reginald Farrer uitgesit op 'n ambisieuse ekspedisie na Tibet en die Kansu provinsie van Noordwes-China. Hierdie twee jaar van verkenning en plantversameling word in Farrer se On the Eaves of the World (2 vol) (1917) beskryf, asook on Farrer se postuumse The Rainbow Bridge (1921).
Die standaard outeursafkorting Purdom word gebruik om hierdie persoon as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.
Sien ook Plantkunde Lys van botaniste volgens outeursafkorting
Eksterne skakels "Explorers" on Arnold Arboretum website
Verwysings
Kategorie:Botanici Kategorie:Geboortes in 1880 Kategorie:Sterftes in 1921