Die 1981 Suid-Afrikaanse Grand Prix was 'n Formule Libre-motorwedren wat op 7 Februarie 1981 op Kyalami gehou is.

Die wedren was oorspronklik geskeduleer om die eerste rondte van die 1981 FIA Formule Een wêreldkampioenskap te wees. Die voortslepende rusie tussen die Fédération Internationale du Sport Automobile (FISA) en die Formule Een Vervaardigersveniging (FOCA) het daartoe gelei dat FISA aangedring het op 'n datumverskuiwing wat nie aanvaarbaar was vir die Suid-Afrikaanse wedrenorganiseerders nie. Goedkeuring is uiteindelik gegee vir die wedren om voort te gaan op sy oorspronklike datum, maar as 'n Formule Libre-ren in stede van 'n rondte van die Formule Een Wêreldkampioenskap. Die afgegradeerde wedren is ondersteun deur die spanne geaffilieer met FOCA, maar nie deur die vervaardigerspanne (Alfa Romeo, Ferrari, Ligier en Renault) nie, wie almal verbind was aan FISA. Die elf spanne teenwoordig se motors was toegerus met glykantrompe, aerodinamiese toestelle wat onwettig is in Formule Een vir 1981 maar aanvaarbaar onder Formule Libre regulasies. Die afwesigheid van die vervaardigerspanne het beteken dat al 19 motors in die wedren deur Ford Cosworthenjins aangedryf was.

Die wedren is uiteindelik deur Carlos Reutemann in 'n Williams gewen, met Nelson Piquet tweede in 'n Brabham en Elio de Angelis derde in 'n Lotus.

Wedrenuitslag Pos Renjaer Vervaardiger Rondtes Tyd/Uitval Kwal.pos. 1 Carlos Reutemann Williams-Ford 77 1.44:54.03 2 2 Nelson Piquet Brabham-Ford 77 + 20.2 1 3 Elio de Angelis Lotus-Ford 77 + 1:06.03 5 4 Keke Rosberg Fittipaldi-Ford 76 + 1 rondte 4 5 John Watson McLaren-Ford 76 + 1 rondte 15 6 Riccardo Patrese Arrows-Ford 76 + 1 rondte 6 7 Eddie Cheever Tyrrell-Ford 76 + 1 rondte 12 8 Ricardo Zunino Brabham-Ford 75 + 2 rondtes 7 9 Chico Serra Fittipaldi-Ford 75 + 2 rondtes 13 10 Nigel Mansell Lotus-Ford 74 + 3 rondtes 8 11 Derek Daly March-Ford 74 + 3 rondtes 17 DNF Alan Jones Williams-Ford 62 Syskort 3 DNF Marc Surer Ensign-Ford 58 Battery 14 DNF Andrea de Cesaris McLaren-Ford 54 Ongeluk 9 DNF Desiré Wilson Tyrrell-Ford 51 Ongeluk 16 DNF Eliseo Salazar March-Ford 32 Ratkas 19 DNF Jan Lammers ATS-Ford 16 Remme 10 DNF Siegfried Stohr Arrows-Ford 12 Enjin 11 DNF Geoff Lees Theodore-Ford 11 Ongeluk 18

Verwysing

Eksterne skakels

Kategorie:Sport in Johannesburg Kategorie:Suid-Afrikaanse Grand Prix Suid-Afrika