Frederik III (18 Maart 1609 - 9 Februarie 1670Den Store Danske Encyklopædi (Die Groot Deen Ensiklopedie)) was van 1684 tot met sy dood in 1670 koning van Denemarke en Noorweë. Hy was ook onder die naam Frederik II bestuurder (plaaslik prins-biskop genoem) van Verde (1623–'29 en weer 1634–'44) en bestuurder (prins-aartsbiskop) van Bremen (1635–'45).

Lewe Hy was die tweede oudste seun van Christiaan IV en Anna Katharina van Brandenburg. Hy is eers as troonopvolger oorweeg ná die dood van sy ouer broer, prins Christiaan, in 1647.

Om as koning gekies te word ná sy pa se dood het hy aansienlike invloed aan die adel oorgedra. Hy is in 1648 deur die Ryksraad as monarg aanvaar. As koning het hy twee oorloë teen Swede gevoer. Hy is in die oorlog van 1657 tot 1658 verslaan, maar het baie gewild geword nadat hy die oorlog van 1658 tot 1660 gewen het. Later daardie jaar het hy sy gewildheid gebruik om van die verkose monargie ontslae te raak en ’n absolute monargie in die plek daarvan in te stel; dit is in 1665 deur die wet bekragtig en het tot 1848 geduur.

Frederik het met Sophie Amalie van Brunswyk-Lüneburg getrou, by wie hy sy erfgenaam en troonopvolger, Christiaan V, gehad het.

Verwysings

Eksterne skakels Die Koninklike Stamboek op die webtuiste van die Deense Monargie

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Deense monarge Kategorie:Geboortes in 1609 Kategorie:Noorse monarge Kategorie:Sterftes in 1670