Christiaan V (15 April 1646 - 25 Augustus 1699) was van 1670 tot met sy dood in 1699 koning van Denemarke en Noorweë.

Bewind Hy was gewild by die gewone volk en is die eerste koning wat as absolute monarg gekroon is nadat dié soort monargie deur sy pa ingestel is. Hy het die absolutisme uitgebrei deur sy pa se praktyk te versnel om Holstein-adellikes en Deense burgers in die staatsdiens aan te stel.

As koning wou hy sy mag as absolute monarg deur argitektuur wys, en hy het gedroom van ’n Deense Versailles-paleis. Sy leuse was Pietate et justitia ("Met eerbied en regverdigheid").

Christiaan V het die Danske Lov (die Deense Kode) in 1683 ingestel, die eerste regskode vir die hele Denemarke.Jespersen, Knud J.V. Denmark as a Modern Bureaucracy . Gyldendal Leksikon. Dit is opgevolg deur die soortgelyke Norske Lov (die Noorse Kode) van 1687. Hy het ook die landsregister van 1688 ingestel, waarmee probeer is om die grondwaarde van die verenigde koninkryk uit te werk sodat belasting regverdiger kan wees.

Verwysings

Eksterne skakels Die Koninklike Stamboek op die webtuiste van die Deense Monargie

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Deense monarge Kategorie:Geboortes in 1646 Kategorie:Noorse monarge Kategorie:Sterftes in 1699