Parkwoord is 'n eksklusiewe, boomryke voorstad van Johannesburg, sowat 5 km noord van die stadsaal.
Parkwood is noord van die Dieretuinpark weerskante van Jan Smutsrylaan geleë. Die eerste huis in die voorstad is in 1901 gebou. Uitbreiding 1 is aangelê op die plaas Braamfontein No. 11 en op 25 Februarie 1959 geproklameer, op grond wat vroeër deel gevorm het van Sachsenwald (Saxonwold).
Bron Potgieter, D.J. (ed.) 1973. Standard Encyclopaedia of Southern Africa, volume 8. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Johannesburg