Simeon (volledige naam Simeon Hamman) is 'n Afrikaanse musikant. Hy is die seun van die befaamde sangeres Sonja Herholdt. Hy stel sy debuutalbum, Rooirok, in 2012 vry, van welke album twee snitte, nl. "There Must Be More" en "I'm Forgiven", in die rolprent Ordinary People gebruik is. Hy het ook twee enkelspelers agter sy naam, nl. "Ek Dink Ek Val Vir Jou" (van Rooirok) en "My Alles Jy". Laasgenoemde was 'n nommereen-treffer op Bosveld Stereo in November 2014.
Biografie Simeon matrikuleer aan Hoërskool Randburg en studeer na skool aan die Suid-Afrikaanse Instituut vir Musiek in Pretoria.
Diskografie Ateljeealbums Rooirok (2012) The Cover Ups (2014)
Enkelspelers "Ek dink ek val vir jou" "My alles jy" "Ek los die agterdeur oop"
Eksterne skakels
Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse musici