Die jaar 1797 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 97ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Gebeure 30 Desember – Pous Pius VI publiseer Christi Ecclesiae met reëlings vir 'n konklaaf. Die eerste aantekening van die mineraal fluoriet deur Carlo Antonio Galeani Napione. Napoleon stig die Cis-Alpin Republiek in Tessin, Switserland

Geboortes 31 Januarie – Franz Schubert, Oostenrykse komponis († 1828). 22 Maart – Wilhelm I van Duitsland, koning van Pruise en keiser van Duitsland († 1888) 21 Augustus – John Montagu, koloniale sekretaris van die Kaap die Goeie Hoop († 1853) 30 Augustus – Mary Shelley, Engelse skrywer, dramaturg, essayis, biograaf en reisskrywer († 1851). 3 Desember – Andrew Smith, Skotse dierkundige in Suid-Afrika († 1872). Onbekend – Piet Uys, 'n Voortrekkerleier († 1838).

Sterftes 2 Maart – Horace Walpole, Engelse kunshistorikus, skrywer, intellektueel, antikwaar en politikus (* 1717) 9 Julie – Edmund Burke, Ierse filosoof en politikus (* 1729) 10 September – Mary Wollstonecraft, Engelse skrywer, filosoof en kampvegter vir vroueregte (* 1759). 28 Desember – Brigadier-generaal Mathurin-Léonard Duphot sterf tydens 'n opstand. Onbekend – John Cozens – Waterverfskilder.

Kategorie:18de eeu