9 November is die 313de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (314de in skrikkeljare). Daar volg nog 52 dae in die res van die jaar.

Gebeure duimnael|120px|Emmanuel Joseph Sieyès 264 – Pous Maksimus van Alexandrië volg Dionisius as Patriarg van die Kerk in Alexandrië op. 1389 – Pous Bonifatius IX word in Rome gekroon. 1494 – Die familie de' Medici word uit Florence verdryf. 1518 – Pous Leo X verplig alle Christene om te glo dat die pous aflate kan toestaan. 1799 – Die staatsgreep van 18 Brumaire gelei deur Emmanuel Joseph Sieyès en Napoléon Bonaparte werp die Franse regering omver. 1872 – Die Groot Bostonvuur van 1872 begin en vernietig uiteindelik meer as 700 geboue in Boston in die VSA. 1901 – Prins George, die hertog van Cornwall, word Prins van Wallis en die Graaf van Chester. 1907 – Die Cullinan-diamant word op sy verjaarsdag aan Koning Edward VII geskenk. 1918 – Beëindiging van die Duitse Keiserryk en stigting van die Republiek van Weimar. 1938 – Kristallnacht, die eerste grootskaalse voorval van fisiese anti-Joodse geweld in Nazi Duitsland, begin. 1953 – Kambodja word van Frankryk onafhanklik. 1989 – Val van die Berlynse Muur. Dit simboliseer die einde van die Koue Oorlog en die naderende ineenstorting van die Warskouverdrag; die begin van die einde van Sowjet-kommunisme. 2011 – Mark Boucher neem sy 500ste vangskoot in toetskrieket, die eerste speler ooit.

Geboortes 1805 – Karel Lodewijk Ledeganck, Vlaamse skrywer († 1847). 1834 – Kondō Isami, Japannese swaardvegter en samoerai van die laat Edo-periode († 1868). 1841 – Koning Edward VII van die Verenigde Koninkryk († 1910). 1900 – W.H. Coetzer, Suid-Afrikaanse kunsskilder († 1983). 1914 – Hedy Lamarr, Amerikaanse aktrise en uitvinder († 2000). 1922 – Imre Lakatos, Hongaarse wiskundige, natuurkundige en wetenskapfilosoof († 1974). 1923 – Dorothy Dandridge, Amerikaanse aktrise († 1965). 1927 – Carel Boshoff, stigter van Orania († 2011). 1934 – Carl Sagan, Amerikaanse sterrekundige, astrofisikus, kosmoloog en skrywer († 1996). 1965 – Bryn Terfel, Walliese operasanger. 1972 – Eric Dane, Amerikaanse akteur en vervaardiger († 2026). 1993 – Bianca Buitendag, Suid-Afrikaanse professionele branderplankryer.

Sterftes 959 – Konstantyn VII van Bisantium. Sy seun Romanos II volg hom op (* 905). 1918 – Albert Ballin, Duitse reder en entrepreneur (* 1857). 1940 – Neville Chamberlain, Britse politikus (* 1869). 1970 – Charles de Gaulle, Franse militêre generaal en staatsman (* 1890). 1999 – Dricky Beukes, Afrikaanse skrywer (* 1918). 2008 – Limpie Basson, Suid-Afrikaanse akteur en radiopersoonlikheid (* 1930). 2024 – Ram Narayan, Indiese musikant (* 1927).

Vakansies, vierings- en waarnemingsdae Onafhanklikheidsdag in Kambodja (1953). Schicksalstag in Duitsland.

Kategorie:November