Ulster Rugby ( Rugbaí Uladh) is een van die vier professionele rugbyspanne op die Ierse eiland. Hulle ding mee in die Verenigde Rugbykampioenskap, Europese Rugbykampioenebeker, Europese Rugbyuitdaagbeker. Die span verteenwoordig die IRVU Ulster-tak, wat een van die vier hooftakke van die IRVU is, en is verantwoordelik vir rugby in die geografiese provinsie van Munster, wat uit drie distrikte in Noord-Ierland en drie distrikte in die Republiek van Ierland bestaan.
Ulster se tuiswedstryde word op die Kingspan-stadion in Belfast gespeel en daar is plek vir onderskeidelik 18 196 toeskouers. Die span speel hoofsaaklik in wit en die span se wapen bestaan uit ’n rooi hand, na aanleiding van die vlag van Ulster, binne twee rugbyballe.
Tuisveld duimnael|regs|Kingspan-stadion Die Kingspan-stadion, tot 2014 bekend as Ravenhill-stadion, is sedert 1923 die tuisveld van Ulster Rugby. Daar is twee Rugbywêreldbekerwedstryde en verskeie wedstryde van die Ierse nasionale rugbyspan gespeel.
Die eerste herontwikkeling van die stadion is in 2009 voltooi met die opening van die Premium-paviljoen.
Weens toenemende ondersteuning van die span in die afgelope jare het die herontwikkeling van die stadion voortgeduur. Twee nuwe paviljoene is gebou aan die Aquinas- en Memorial-ente van die veld. Die ou hoofpaviljoen is gesloop om plek te maak vir ’n nuwe, moderne paviljoen wat vir die eerste keer in die Heinekenbekerkwarteindstryd teen Saracens op 5 April 2014 gebruik is. Die herbou van die stadion is vroeg in 2014 voltooi en die stadion is amptelik in Mei 2014 geopen met ’n Pro12-wedstryd teen Leinster. http://www.irishrugby.ie/provincial/31699.php Die herbou het die kapasiteit van die stadion van ±12 000 na 18 196 verhoog. Die stadion mag gevolglik kwarteindstryde van die Europese Rugbykampioenebeker en eindstryde van die Pro14 aanbied.RaboDirecct Pro12, Kompetisiereëls, Seisoen 2012-’13, http://www.rabodirectpro12.com/statzone/competition_rules.php Die Gesinspaviljoen bevat die oefensentrum vir Ulster.
Huidige span Ulster se span vir die 2017-’18-seisoen:
Stutte Rodney Ah You Callum Black Wiehahn Herbst Ross Kane Kyle McCall Tommy O’Hagan Johnny Simpson Schalk van der Merwe Andrew Warwick
Hakers John Andrew Rory Best Rob Herring
Slotte Peter Browne Iain Henderson Alan O’Connor Kieran Treadwell Losvoorspelers Marcell Coetzee Jean Deysel Robbie Diack Chris Henry Matthew Rea Sean Reidy Clive Ross
Skrumskakels Aaron Cairns John Cooney Paul Marshall David Shanahan
Losskakels Brett Herron Paddy Jackson Christian Lealiifano Johnny McPhillips Senters Darren Cave Luke Marshall Stuart McCloskey Stuart Olding Callum Patterson Jared Payne Jacob Stockdale
Vleuels Tommy Bowe Craig Gilroy Rob Lyttle Jack Owens Andrew Trimble
Heelagters David Busby Louis Ludik Peter Nelson Charles Piutau
Eksterne skakel Amptelike werf Die UAFC – Ulster Rugbyondersteunerswerf Die UAFC – Ulster ondersteunersforum Videos van Ulsterwedstryde InTouch Rugby Ulster Rugby Aanlynnuus Die FRU Ulster Ondersteunerstydskrif ercrugby-profiel
Verwysings
Kategorie:Rugby in Ierland Kategorie:Verenigde Rugbykampioenskapspanne Kategorie:Belfast