Die Sutlej of Satluj (Chinees: 朗钦藏布, pinyin: Lăngqīn Zàngbù; Hindi: सतलुज; Oerdoe: درياۓ ستلُج; Pandjabi: ਸਤਲੁਜ; Sanskrit: शतद्रुम, shatadrum; Tibettaans: གླང་ཆེན་གཙང་པོ, Langqên Zangbo) is die grootste sytak van die Indus. Dié rivier, met 'n lengte van 1 400 km (900 myl), is die langste van die Indus se vyf sytakke in die streek Punjab (Pandjabi: پنجاب, letterlik: "land van vyf riviere").

duimnael|links|Die Sutlej in Kinnaur, Himachal Pradesh, Indië duimnael|links|Die Sutlej in Rupnagar, Punjab, Indië Die Sutlej ontspring uit die Rakshastalmeer in die Chinese outonome gewes Tibet binne die Himalaja, net noord van die grens tot Nepal en net wes van die Brahmaputra se bron, naby die berg Kailash. Hier word dié rivier in Tibettaans གླང་ཆེན་གཙང་པོ Langqên Zangbo en in Chinees 朗钦藏布 Lăngqīn Zàngbù genoem. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordwestelike rigting en bereik die grens tot die Indiese deelstaat Himachal Pradesh. Hier vloei die Sutlej in 'n westelike rigting en bereik die deelstaat Punjab. Net suid van Amritsar en Lahore vorm dié rivier vir sowat 100 km die grens tussen Indië en Pakistan en vloei aansluitend in 'n suidwestelike rigting deur Bahawalpur. Sowat 60 km verder suidwes vloei die Sutlej en die Chenab saam, om die Panjnad te vorm. Die Panjnad (Oerdoe/Pandjabi: پنجند, panj = "vyf, nadi = "rivier"), met 'n lengte van 71 km, versamel al die water van die Punjab se vyf groot riviere en mond in die Indus uit.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Riviere in Indië Kategorie:Riviere in Pakistan Kategorie:Riviere in die Volksrepubliek van China Kategorie:Tibet