Freistaat Sachsen (Duits)Swobodny stat Sakska (Opper-Sorbies)Vrystaat Sakse Landsvlag Landswapen 150px 100px (Besonderhede) (Besonderhede) Basiese gegewens Ampstaal: Duits en Opper-Sorbies Hoofstad: Dresden Stigting: 3 Oktober 1990 Volkslied (Landeshymne): geen Oppervlakte: 18 449,986 km² (10de) Bevolking: 4 089 467 (6de) (31 Desember 2023) Bevolkingsdigtheid: 221 inwoners / km² (8ste) BBP - Totaal (8ste) - % Verandering teenoor vorige jaar - per inwoner 2023155,982 miljard € 6,7% (2022)38 142 € Totale skuldlas: 6,047 miljard € (30 Junie 2024) Skuldlas per inwoner: 1 479 € (30 Junie 2024) Werkloosheidsyfer: 6,5 (November 2024) ISO 3166-2: DE-SN Amptelike webwerf: www.sachsen.de Politiek Eerste minister: Michael Kretschmer (CDU)(sedert 13 Desember 2017) Regerende partye: CDU en SPD Setels in die parlement (Landtag)(120 setels)(2019: 119 setels): CDU 41 (2019: 45)AfD 40 (38)BSW 15 (–)Bündnis 90/Grüne 7 (12)SPD 10 (10)Die Linke 6 (14)Freie Wähler 1 (–) Laaste verkiesing: 1 September 2024 Volgende verkiesing: 2029 Parlementêre verteenwoordiging Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): 4 (van 69) Kaart 250px

Sakse (Duits: Sachsen, [zaksn̩], ; Opper-Sorbies: Sakska), amptelik die Vrystaat Sakse (Freistaat Sachsen, afkorting: SN; Swobodny Stata Sakska), is 'n deelstaat in die suidooste van Duitsland. Dresden is die hoofstad en Leipzig is met 531 582 inwoners die grootste stad van Sakse.

duimnael|links|Gebiedsveranderinge in 1815 en die Vrystaat Sakse binne sy huidige grense vanaf 1990 Die deelstaat grens in die ooste aan Pole, aan die Tsjeggiese Republiek in die suide, die deelstate Brandenburg, Sakse-Anhalt en Thüringen in die noorde en weste, en – oor 'n afstand van sowat 25 km in die suide – aan die deelstaat Beiere.

Duitse setlaars het hulle vanaf die 11de eeu in die gebied van die huidige deelstaat gevestig. In die volgende ses eeue het Sakse sy staatsgebied steeds verder uitgebrei om een van die magtigste moondhede binne die losse verbond van Duitse state te word wat gesamentlik die Heilige Romeinse Ryk gevorm het. Op die hoogtepunt van sy mag het die Koninkryk Sakse ook die gebied van die huidige deelstaat Thüringen en groot dele van Silesië ('n streek wat tans deel uitmaak van Pole) ingesluit.

Ná die Napoleontiese Oorloë aan die begin van die 19de eeu is uitgestrekte landsdele in die weste en noorde in 1815 aan Sakse se groot politieke mededinger Pruise afgestaan, terwyl gebiede oos van die Neiße-rivier in 1945 onder Poolse administrasie gekom het. Die rivier vorm sedertdien 'n natuurlike oostelike grens met Pole. Die regerende dinastie van die Huis van Wettin het in 1919 met die ineenstorting van die politieke strukture van die Duitse Keiserryk afstand van die Saksiese troon gedoen. Sakse dra sedertdien – as een van slegs drie Duitse deelstate naas Beiere en Thüringen – die (suiwer seremoniële) titel Vrystaat. Derek Lewis (red.): Contemporary Germany. A Handbook. London: Hodder Arnold 2001, bl. 57

Tradisioneel vorm die streek rondom Chemnitz en Zwickau die industriële hartland van Sakse. Die oorspronge van die Saksiese motorbedryf, wat steeds meer as 'n derde van die deelstaat se uitvoere na die buiteland verteenwoordig en aangedryf word deur nuwe aanlegte van BMW en Porsche, strek terug tot in die laat 19de eeu. Ander belangrike bedrywe sluit masjienbou, chemie en biotegnologie in. Dresden het reeds in die tyd van die Duitse Demokratiese Republiek tot 'n spilpunt van die mikroëlektronikabedryf gegroei. Vandag word hier die grootste konsentrasie van ondernemings in dié bedryf in Europa (en vyfde grootste ter wêreld) aangetref wat aan die deelstaat die Engelse bynaam Silicon Saxony besorg het. Standort Sachsen: Industriestandort. Besoek op 29 Mei 2018

Geskiedenis van die Vrystaat Sakse duimnael|links|Dresden in die aandskemer Die eerste "Vrystaat Sakse" ontstaan in 1918, ná die Eerste Wêreldoorlog en die troonsafstand van die Saksiese koning. In 1945, ná die Tweede Wêreldoorlog, word in die Sowjetse sone van die besette Duitsland die "Land Sakse" uit die ou Vrystaat en gebiede van die Pruisiese provinsie Silesië wes van die Neisserivier gevorm.

Die Land Sakse is in 1952 ontbind en verdeel in drie kleiner administratiewe distrikte (Duits: Bezirke) van die Duitse Demokratiese Republiek (DDR): Leipzig, Chemnitz (wat ná 'n naamswysiging Karl-Marx-Stadt genoem is) en Dresden. Met die ontbinding van die DDR in 1990 en die hereniging van die twee Duitse state is die Vrystaat Sakse as 'n deelstaat van Duitsland herstig.

Stede StadLandgebiedBevolking31 Julie 2005Bevolking31 Desember 2013LeipzigLeipzig499 199531 582DresdenDresden489 700530 754ChemnitzChemnitz247 460242 022ZwickauZwickau98 33591 564PlauenPlauen69 28163 967GörlitzGörlitz57 88454 042FreibergMittelsachsen43 43440 268BautzenBautzen42 29439 607PirnaSächsische Schweiz–Osterzgebirge40 17837 645FreitalSächsische Schweiz–Osterzgebirge40 12939 141RiesaMeißen39 36736 848RadebeulMeißen32 24633 026MeissenMeißen29 39828 532Limbach-OberfrohnaZwickau27 55226 970ZittauGörlitz27 45425 638GlauchauZwickau27 28526 179Delitzsch¹Nordsachsen26 33127 945Weißwasser/O.L.Görlitz26 10721 797WerdauZwickau26 07724 430Annaberg-BuchholzErzgebirgsdistrik24 49523 123CoswigMeißen24 03522 365Reichenbach im VogtlandVogt landelike distrik23 46922 164CrimmitschauZwickau23 30522 330MarkkleebergLeipzig23 15723 718DöbelnMittelsachsen23 12821 356Schwarzenberg/Erzgeb.Erzgebirgsdistrik20 20118 517Auerbach/Vogtl.Vogt landelike distrik20 04221 246BornaLeipzig20 01022 657

Administratiewe verdeling (Die area-afkortings word tussen hakies aangedui)

Die tien landelike distrikte van Sakse is: Bautzen (BZ) Erzgebirgs landelike distrik (ERZ) Görlitz (GR) Leipzig (L) Meißen (MEI) Mittelsachsen (FG) Nordsachsen (TDO) Sächsische Schweiz–Osterzgebirge (PIR) Vogt (V) Zwickau (Z)regs|300px|Landelike distrikskaart van Sachsen

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf Onderwys Verkiesings