duimnael|links|Ligging van die Golf van Gabes Die Golf van Gabes (Arabies: خليج قابس‎ ḫalīǧ qābis), in antieke tye Klein Syrtis (Latyns: Syrtis Minor) genoem, is 'n golf aan Tunisië se oos kus in die Middellandse See. Die golf is 100 kilometer lank en wyd, met die Kerkenaeilande aan die noordooste en Djerbaeiland in die suidooste. Dit het 'n groot getyverloop, 2,5 meter tydens springgety. Die stad Gabès, wat 'n ekonomiese en administratiewe sentrum is, is in die golf geleë. Gabès en Sfax, nog 'n belangrike hawe in die golf, het spons en tuna visserye.

Eksterne skakels

Kategorie:Baaie Kategorie:Geografie van Tunisië Kategorie:Middellandse See