Milleriet is 'n mineraal genoem na die Engelse mineraloog William Hallowes Miller (1801-1880). Dit is 'n nikkelsulfied en het die formule .

Struktuur Milleriet se struktuur is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se B13-struktuur. Nikkel-atome is omring deur vyf swawelatome in 'n vierkante piramide. Die nikkelatome kom in trosse van drie atome voor, wat se afstande kort genoeg is dat daar metaal-metaal-bindings moet wees. Phys. Chem Materials 31, 321-327 (2004)

Elektroniese eienskappe

Milleriet is die stabiele allotroop onder 600K. Dit ondergaan 'n oorgang na 'n heksagonale α-fase wat ander elektriese en magnetiese eienskappe besit. Milleriet is 'n metallieke geleier. Die valensband het 'n sterk kovalent-gemengde karakter tussen die Ni 3d en S 3p golffunksies. Die oorgangstemperatuur is baie van die druk afhanklik.

Verwysings

Kategorie:Minerale