Die Bell P-39 Airacobra was 'n vegvliegtuig wat deur die Amerikaanse Lugmag gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit was 'n eensitplek, monovlerk vliegtuig en die eerste vegvliegtuig wat met 'n driewiel (instede van 'n stertwiel) raamwerk gebou is. Die motor was agter die kajuit van die vlieënier geïnstalleer, omrede daar 'n groot 37 mm kanon is wat deur die skroef se naaf skiet; tewens die hele vliegtuig was rondom die kanon ontwerp.
Die eerste bestelling is van die Franse Lugmag ontvang, maar na die oorgawe van Frankryk is dit aan die Britse Lugmag afgelewer. Die Airacobra is in Februarie 1941 deur die United States Army Air Forces in diens gestel. In September 1941 is 601 Eskader van die Britse Lugmag met die Bell P-39 Airacobra toegerus.
Die Airacobra was egter nie met 'n turboaanjaer toegerus nie, wat sy verrigtingsvermoë negatief beïnvloed het. Die vliegtuig is dus van Oktober tot Desember 1941 net vir grondaanvalle gebruik deur die Britse Lugmag. Die USAAF het egter die vliegtuig met 'n redelike mate van sukses in Noord-Afrika gebruik. Daar is ook 5 000 van die vliegtuie aan Rusland verskaf, wat dit gebruik het vir grondaanvalle.
Van 1942 tot 1944 was die Airacobra tesame met die Curtiss P-40 Warhawk die voorste vegters vir die USAAF.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Bell P-39 Airacobra: Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Allison V-1710-83 inlyn suierenjin Kraglewering per motor 1 200 perdekrag Vlerkspan 10,36 m Lengte 9,19 m Hoogte 3,61 m Vlerkoppervlakte 19,79 m2 Maksimum opstygmassa 3 810 kg Maksimum snelheid 621 km/h Operasionele hoogte 10 970 m Togafstand 1 046 km Klimvermoë 4 575 m in 4 minute, 30 sekondes. Bewapening Een 37 mm kanontwee 12.7 mm en vier 7.62 mm masjiengewere
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog