Die Europese Konvensie vir Menseregte is ’n internasionale verdrag om menseregte en basiese vryhede in Europa te beskerm. Dit is in 1950 deur die destyds pasgestigte Raad van Europa opgestelNie te verwar met die Raad van die Europese Unie of die Europese Raad nie. en het op 3 September 1953 van krag geword. Alle lidlande en nuwe lede van die Raad van Europa moet die konvensie so gou moontlik aanvaar.Resolution 1031 (1994) on the honouring of commitments entered into by member states when joining the Council of Europe. Dit was voorheen bekend as die Konvensie vir die Beskerming van Menseregte en Basiese Vryhede.

Met die konvensie is die Europese Hof vir Menseregte gestig. Enigiemand wat voel sy of haar regte volgens die konvensie is deur ’n staat aangetas, kan hulle tot die hof wend. Die hof se bevindings is bindend en die betrokke staat is verplig om dit uit te voer. Die Komitee van die Ministers van die Raad van Europa monitor die uitvoering van die bevindings, veral wanneer skadevergoeding aan aansoekers betaal moet word. Dié skadevergoeding kan nogal groot wees; in 2014 het Rusland ingestem om meer as $2 miljard aan voormalige aandeelhouers van Joekos te betaal.Russia Today, Russia 'forced to accept' €1.86bn compensation for former shareholders of oil giant, 17 Desember 2014BBC, Russia ordered to pay $2.5bn to Yukos shareholders, 31 Julie 2014

Daar is verskeie protokolle wat ná 1953 uitgereik is wat van die aanvanklike regulasies wysig.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Europese reg Kategorie:Menseregte Kategorie:Verdrae Kategorie:Verdrae van Frankryk Kategorie:Verdrae van Nederland Kategorie:Verdrae van Spanje Kategorie:Verdrae van Swede Kategorie:Verdrae van die Verenigde Koninkryk