In hierdie artikel word die teaterstyle van realisme beskryf. Toneelstukke van Ibsen en Tsjechof word kortliks behandel as voorbeelde van die realisme. Die elemente van die “well-made play” word genoem.

Teater van die Realisme Realisme in die teaterkunsBrockett, OG. 1974. The theatre: An introduction. (3de uitgawe). New York: Holt, Rinehart and Winston. Pagina 311 begin tydens die laaste deel van die 19de eeu. Die style van die teater was tydens daardie tyd nog melodrama, komiese opera-opvoerings en operettes. Die Rewolusies in 1848 in Europa het aangedui dat dit tyd was vir sosio-ekonomiese hervorming. Tegnologie het ontwikkeling meegebring en die mense het al hoe meer in die wetenskap as die bron vir die waarheid geglo. Die werkersklas moes steeds veg vir hul regte. Die era van Romantiek is verby en daar was 'n soeke na pragmatisme. Drie hoofbewegings het aanleiding gegee tot Realisme: Auguste ComteGane, M. 2008. August Compte. Oxon: Routledge. (1798 tot 1857) het die teorie van Sosiologie ontwikkel wat gegrond was op die filosofie van Positiwisme. Compte predik dat daar, soos in die natuur, 'n oorsaak is vir elke gevolg. Charles DarwinBurkhardt, F. 2008. Origins: Selected letters of Charles Darwin. VK: Cambridge University Press. (1809–1882) publiseer sy boek “The origin of Species” in 1859. Hierdie werk het 'n groot effek op die mens se denke gehad wat nou nog in die wetenskap op te merk is. Hy glo in ewolusie, dat mense deur hul gene en die omgewing beïnvloed word, dat gedragspatrone buite 'n mens se beheer is, en dat die mens, nes die dier 'n natuurlike objek is. Humanisme word nou belangriker en die mens begin minder glo aan die almag van God. Karl MarxTorrance, J. 1995. Karl Marx’s theory of ideas. New York: Cambridge University Press. (1818–1882) het in die laat 1840’s 'n politieke filosofie daargestel wat teen verstedeliking en vir die gelyke verdeling van rykdom was. Dit het dus die denkrigting van sosialisme teen kapitalisme tot gevolg.

Kunstenaars is deur hierdie denkrigtings beïnvloed − neem byvoorbeeld vir Richard WagnerWilliams, S. 2006. Wagner and the romantic hero. VK: Cambridge University Press. (1813–1883) wat die teater meer realisties wou maak. Hy bepleit byvoorbeeld 'n teatergebou waar almal ewe goed kan hoor en sien – waar alle mense gelyke regte het en hy weerstaan die spesiale losies waar die hoëlui sou sit. Die illusie van die waarheid moes geskep word. Die orkes mog nie hul instrumente in die orkesput instel nie, en daar mog geen applous wees nie. Die kostuums en dekor moes histories korrek wees. Gedurende hierdie tyd was daar 'n stroming wat die mens en sy ware toestande moes uitbeeld, met ander woorde die realiteit van sy ware probleme moes onder die loep geneem word.

Belangrike dramaturge van die realisme Die mees belangrikste skrywers van die Realisme was Alexander Dumas, Emile Augier, Hendrik Ibsen en Anton Tsjechof, asook Bernard Shaw. Dumas se roman Camille is gedramatiseer in 1949. Dit het gegaan oor 'n houvrou en dus oor die kontemporêre lewe. Augier het ook toneelstukke met aktuele temas geskryf. In Noorweë het Ibsen (1828–1906) toneelstukke geskryf wat gesien is as moderne realisme. Hy skryf oor die waardes van die gemeenskap. Sy stukke neem die vorm aan van die “well-made play” wat bloot beteken dat daar 'n eksposisie, klimaks en afloop in die toneelstukke is. Deur hierdie formaat te gebruik het Ibsen weggekom met baie, vir daardie tyd, skokkende temas, soos feminisme, genade-dood, oorlog en temas soos materialisme en handel, asook die siekte, siffilis.

Ibsen IbsenBrockett, OG. 1974. The theatre: An introduction. (3de uitgawe). New York: Holt, Rinehart and Winston. Pagina 314 se karakters was sielkundig gemotiveerd en die omgewing het sy karakters se innerlike beïnvloed. Die karakters se sosio-ekonomiese milieu het 'n invloed op hul lewens. So word Ibsen dan die vader van Realisme. Hy skryf “Spoke” in 1881Brockett, OG. 1974. The theatre: An introduction. (3de uitgawe). New York: Holt, Rinehart and Winston. Pagina 315 wat oor geslagsiekte handel. Sy toneelstuk “Pilare van die Gemeenskap” (1877) handel oor oorlog en sake.“‘n Pophuis” (1879) en “Hedda Gabler” (1890) is twee toneelstukke wat oor vroueregte handel. In die toneelstuk, “ 'n Pophuis” of “A Doll’s House”Stayan, JL. 1997. Modern drama in theory and practice. Band 1: Realism and Naturalism. Great Britain: Cambridge University Press. Pagina 17 van Ibsen probeer die hoofkarakter, Nora, selfstandig te word van haar man wat haar soos 'n ondergeskikte objek hanteer en nie as sy gelyke nie. Sy steek die feit dat sy finansiële probleme het weg van hom. Sy verlaat hom op die ou end omdat sy nie langer met sy selfsugtigheid kan saamleef nie.

Die toneelstuk begin waar Nora haar finansiële probleme wegsteek en probeer om haar man, Torvald se werknemer, Krogstad te beskerm teen Torvald wat hom in die pad wil steek. Krogstad weet van haar finansiële verknorsing. Toe Krogstad wel sy werk verloor stuur hy 'n brief aan Torvald waarin hy Nora se probleem onthul. Nora probeer keer dat Torvald die brief lees. Op die ou end lees Torvald die brief en is woedend vir Nora. Hy weier om Nora erkenning te gee vir die feit dat sy geld geleen het om sy lewe te red. Nadat dit aan die lig kom dat die geld nie meer terugbetaal hoef te word nie, vergewe Torvald vir Nora. Sy weier egter om sy egosentriese houding te vergewe en verlaat die gesin.

Temas wat aangespreek word in die toneelstuk, “ 'n Pophuis” is die soeke na identiteit. Nora voel dat sy net die rol van 'n pop in die lewe van haar man moet speel en nie haar eie identiteit het nie. Dit gaan ook oor 'n soeke na die waarheid teenoor die realiteit van bedrog. Nora besef dat haar en Torvald se huwelik nie gebasseer is op die waarheid nie, maar op 'n valse realiteit.

'n Verdere tema van die stuk is dié van vroueregte. Torvald hanteer Nora soos sy besitting eerder as sy gelyke. Nora groei van 'n kinderlike, afhanklike mens na 'n onafhanklike vrou wat haar eie waarde ontdek. Ander karakters wat die boodskap en tema van die stuk versterk is die van Christine Linde wat 'n vrou vergestalt wat afhanklik is van 'n man en dit as gevolg van haar behoefte aan materiële versorging. Dan is daar Dr. Rank wat verlief is op Nora. Sy verwerp egter sy beheptheid met haar.

Ibsen se toneelstuk, "'n Pophuis" is 'n goeie voorbeeld van realisme omdat die karakters en omstandighede verband hou met realistiese gebeure. Niks word verhef bo die werklikheid nie. Daar is nie 'n gelukkige einde aan die verhaal nie, maar 'n realistiese einde om die werklikheid van die lewe uit te beeld. Volgens Nora is hul huis 'n pophuis waar Torvald 'n speel-speel huwelik met haar gehad het, en nie 'n ware, opregte verhouding nie. Torvald word selfsugtig en autoritêr uitgebeeld. Ibsen verhef ook nie vir Nora tot 'n heldin soos in die romantiese toneelgenres nie, want sy verlaat nie net haar man nie, maar ook haar kinders vir wie sy “lief” is. Sy gaan uit in die lewe om haarself op haar eie te wil bewys. Ons kan ons reeds indink dat haar pad vorentoe nie so maklik gaan wees nie. Daar is nie glorie en inspirasie in die “’n Pophuis” nie, maar net pynlike keuses wat gedoen moet word.

George Bernard Shaw George Bernard Shaw (1856–1950)Brockett, OG. 1974. The theatre: An introduction. (3de uitgawe). New York: Holt, Rinehart and Winston. Pagina 321 het 'n goeie sin vir humor gehad. Hy was 'n Engelse skrywer.Stayan, JL. 1997. Modern drama in theory and practice. Band 1: Realism and Naturalism. Great Britain: Cambridge University Press. Pagina 53 “Arms and the man: (1894) handel oor liefde, oorlog en eer. “Mrs Warren’s Profession” handel oor prostitusie. In 1905 skryf hy “Major Barbara” wat oor menseregte en arbeid handel en in 1913 skryf hy “Pygmalion” wat handel oor 'n blommeverkoopster wat dan deel word van die hoër lui. Dit is die toneelstuk waarop die film "My Fair Lady" gebasseer is.

Anton Tsjechof Die werke van Anton Tsjechof (29 Januarie 1860 – 15 Julie 1904)Brockett, OG. 1974. The theatre: An introduction. (3de uitgawe). New York: Holt, Rinehart and Winston. Pagina 323 van Rusland vorm 'n oorgang tussen Realisme na Naturalisme. Buiten sy bykans 200 kortverhale het Tsjechof ook toneelstukke geskryf waarvan die temas die daaglikse lewens van die Russiese mense uitbeeld. Hierdie mense smag na geluk maar dit word dikwels in die wiele gery deur hul omstandighede of hul eie persoonlikhede wat dit kortwiek. Hulle is gefrustreerd met hul huidige situasies en word dan komies sowel as pateties geskilder. Dramatiese gebeure vind nie op die verhoog plaas nie, want die stuk gaan eerder oor die alledaagse as die dramatiese. Tsjechof se dramas bevat ook simboliese elemente, byvoorbeeld 'n “seemeeu” en 'n “kersieboord” wat sekere dieper betekenisse aanraak. Die seemeeu wat die simbool van vryheid en sorglose sekuriteit voorstel word vernietig in die hande van 'n geliefde. Die vryheid word nou verander in 'n negatiewe afhanklikheid. Die kersieboord verteenwoordig die Russiese gemeenskap waar elke boom die unieke siel van 'n serf (werker) uitbeeld. Die vernietiging van die boord beeld die onbetrokkenheid en disrespekvolle hantering van die middelklas en aristokrasie van die belangrikheid van die landbou as die grondslag van die land uit.

Tsjechof maak sy groot debuut met “The Seagull”. In hierdie stuk het hy 'n gedeelte geskryf oor 'n jong skrywer se probleme wat eintlik sy eie was. Die karakter, Trigorin, protesteer teen konvensies en reëls in die skryfkuns. In 1884 het Tsjechof medies begin studeer. Sy letterkundige werk het nou al hoe beter begin word. Hy was ook passievol oor sy werk as mediese praktisyn en glo dat dit hom baie gehelp het om mensekennis te verkry. Tsjechof was 'n ongelooflike harde werker as dokter en as skrywer. In 1888 het hy egter begin siek word en baie gehoes, en in 1889 het hy hartprobleme ontwikkel. Tsjechof het die toneelstuk “Ivanoff” geskryf in protes teen 'n stuk wat hy in 'n Moskouteater gesien het. Die karakter, Ivanhoff, was geen held nie, maar 'n gewone, onderdrukte man soos een van die baie gewone, “oorbodige” mense in Rusland met wie Tsjechof oorweldigende medelye gehad het. Die skryfproses en opvoering van hierdie toneelstuk het in moeilike omstandighede plaasgevind. Daar was uiters min goeie akteurs en die stuk het misluk. Die kritici het die stuk aangeprys omdat dit so oorspronklik was, maar ook foute uitgelig. Hy het die stuk herskryf voordat dit in St. Petersburg opgevoer is en daar uiterse sukses behaal. Die volgende stuk was getiteld “The Boor”, 'n klugtige toneelstuk wat hy in 'n aand geskryf het en wat ook sukses behaal het. “Die demoon” wat hy tien jaar na “Uncle Vanya” herskryf het, was 'n mislukking. In 1896 skryf hy “The Sea-Gull” en daarna “The three sisters” wat in 1901 opgevoer is was suksesvolle teaterwerke wat opgevolg word deur “The Cherry Orchard” of "Die Kersieboord" in 1904.

Die kersieboord van Anton Tsjechof In hierdie stuk word die Russiese plattelandse lewe beskryf waar die doellose bestaan van die eienaars van die kersieboord beïnvloed word deur die moderne wêreld. Tsjechof behaal met hierdie stuk groot sukses en die Russiese skrywer, Tolstoi, vergelyk hom met die Franse skrywer, Maupassant. Sy realistiese onderwerpe word so natuurlik uitgebeeld dat daar amper niks in sy toneelstukke “gebeur” nie. Daar hang 'n neerslagtige gevoel oor die toneelstukke. Die karakters se lewens is doelloos of vol spyt oor wat hul wel in die lewe kon wees maar nie is nie.Stayan, JL. 1997. Modern drama in theory and practice. Band 1: Realism and Naturalism. Groot-Brittanje: Cambridge University Press. Pagina 70 – 81